Good Morning Angels: Helping parents carry the cost of caring for their 6-year-old foster daughter

Good Morning Angels: Helping parents carry the cost of caring for their 6-year-old foster daughter

Chané is 6-years old and she will tell you herself, she’s a survivor. She and her sister, Marozanne live with their aunt, Anneke and her husband, Douglas. Chané had been complaining of a severe headache, her speech was affected and she could hardly walk. Anneke took her to the doctor and it was discovered that she had a benign brain tumour, that had to be removed immediately.

chante bed image

GOOD MORNING ANGELS  16 NOVEMBER 2016 (CHARNé/CENTURION CCLUB)


Helping foster parents carry the cost of caring for their 6-year old foster daughter


REQUEST FROM: Anneke Mostert 


REQUEST FOR: Chané Mostert 


ANGEL: Hans Jonck and Sue Smith, ladies captain of the Centurion Country Club 


SPONSORING: The ladies team of the Centurion Country Club, on Women’s Day held a special golf day to raise funds to help a child in need. They’ve chosen to help Chané and her foster parents with her monthly CT scans and medical check-up for a year, to the value of R22 000,00 


BACKGROUND: Chané is 6-years old and she will tell you herself, she’s a survivor. She and her sister, Marozanne live with their aunt, Anneke and her husband, Douglas. Anneke survived cancer as a child and could not have children of her own - so they were very happy to take the sisters in as their own. Chané was a toddler when she fell of a jungle-gym and sustained a serious concussion. This happened before they came to live with Anneke and Douglas. She often complained of headaches, but Anneke didn’t have Chané’s full medical history. Last year, the school called Anneke, to pick up Chané as she complaining of a severe headache, her speech was affected and she could hardly walk. Anneke took her to the doctor and it was discovered that she had a benign brain tumour, that had to be removed immediately. A year on, Chané is well on the mend and loves to tell her story of survival. However, Anneke and Douglas are still responsible for the enormous medical bill, as the medical aid now says that Chané’s tumour was an undeclared, pre-existing condition. 


chante GMA


bed image


ORIGINAL REQUEST:


Hallo julle,


My naam is Anneke Mostert en ek en my man Douglas Mostert het onderneem om Chanè en Marozanne van Wyk in ons sorg te neem en te aanvaar as ons eie.  Weens die kanker wat ek gehad het as kind was die voorreg my ontneem om my eie kinders te kan hê. Ons is gebless met 'n familie wat ons kinders ook aanvaar het as hulle eie en help met klere en daaglikse benodighede. Ons sal ons twee meisiekinders vir niks veruil nie.


Chanè het as kleuter in die sorg van haar biologiese ma (my suster) van 'n klim-en-klouter afgeval. Die dokter wat haar behandel het in Natal het gesê dat sy konkussie (concusion) het en haar huis toe gestuur. Vir 3 jaar plus was daar geen problem nie behalwe dat Chanê gereeld gekla het van hoofpyne. Maar as ek haar in die skadu gehou het, was sy weer reg vir nog speel.


In October 2015 het die skool my laat weet dat Chane seergekry het en dat ek haar moet kom haal so gou moontlik.  My kind het so gehuil van pyn en het die hele tyd gese dat haar koppie baie seer is. Haar hele linker kant was verlam en haar woorde was baie onduidelik, dit was asof sy nooit geleer het om te praat nie. Sy het verskriklik begin braak en dan tussen deur onbewustelik begin skreeu en haar kop vas gegryp. Ek het geen kanse gevat nie en het haar dadelik deurgevat na Flora kliniek toe vir 'n ondersoek.


By Flora kliniek het die dokters die nodige toetse gedoen en was my kind gediagnoseer met 'n breingewas.  Alhoewel die gewas nie kwaadaardig was nie, moes sy onmiddellik 'n operasie kry waar hulle 'n “VP chunt” kon doen en drukking op die brein moes verlig. Daar was nie 'n neuro beskikbaar nie en moes hulle haar verplaas Wilgeheuwel hospital toe.


By die hospitaal (Wilgeheuwel) was ons ingelig dat daar 'n wagperiode op my kind se kondisie van hoofpyne is en dat hul nie sal kan opereer voor ons 'n kontant bedrag van R25 000.00 betaal nie. Die besluit was geneem om haar lewe te red en die operasie te laat doen.


Die Here was so goed vir ons en die operasie was gedoen sonder dat ons enige verwagte gelde of magtigings nommer gehad het. Ek was ingelig dat my dogtertjie nie nog 'n verplasing sou oorleef het daai aand nie, weens die drukking wat in haar koppie plaasgevind het.


Die dokters en personeel van Wilgeheuwel hospitaal het ons ondersteun sovêr moontlik en ons wil hulle uit ons harte uit bedank.  Ek is besig met 'n stryd met die mediese fonds rakende die betalings en wagperiodes.  Soos ek kan verstaan is Chanè se kondisie geklassifiseer as n “PMB” kondisie wat ten volle betaalbaar is.


Aangesien volledige mediese inligting nie tot my beskikking was wat Chanè betref nie (biologiese ma het niks genoem van enige mediese kondisies nie) is ek en my man verantwoordelik vir al die mediese kostes rakende Chanè se breingewas. Die medies het net aangeneem dat ons vir hulle gejok het oor my kind se kondisie al het ek genoem dat sy baie kla van hoofpyne.  Nooit in my wildste drome sou ek dink dat die hoofpyne oorsaak is deur 'n breingewas nie.


Chanè moes vir 27 radiasie behandelingsessies gaan na die operasie.  Finansieel en oor die medies nie wou help nie, is ons kind na JHB General Hospitaal toe vir die nodige hulp en behandeling. Ons is eerlik as ons sê dat Chanè se hospitaalrekeninge ons finansieël uitput, maar sal nooit kla daaroor nie.  Dit is geldjies wat ons nie het nie en 'n situasie wat ons nie beplan het nie, maar hoe sit jy 'n prys op jou kind se lewe? Die hospitalrekening alleen is amper R48 000.00. Al die dokters en ander rekeninge wat betrekking het tot die brein gewas en operasie staan op R23 000. 


Maar vandag - amper 'n jaar later, sou jy nie na haar kan kyk en ooit sê dat sy deur enige eina was nie. Sy is baie versigtiger as sy speel, maar werk hard om my trots te maak in alles wat sy doen. Sy is my blessing en ek kan net glimlag as sy vir mense haar storie vertel van hoe sy by my kom bly het en hoe sy n “survivor” is.


Chanè se storie:


My naam is Chane van Wyk. Ek is 6-jaar oud en ek bly by mamma Anneke en Pappa Douglas (my ma se sussie en haar man), omdat my regte mamma nie vir my en my sussie kan sorg nie.  Liewe Jesus het mamma en pappa gekry om na my en my sussie te kyk.  Mamma en pappa is baie lief vir ons en bederf ons baie.


Pappa speel baie met ons en hou daarvan om my sussie Marozanne te terg.  Mamma se altyd ek is haar sagte prinsessie en sussie is haar rowwe meisiekind.  Pappa speel nooit rof met my nie oor ek bang is ek gaan weer seerkry.  Ek en sussie bly baie lekker by mamma en pappa en wil vir altyd by hulle wees.  Mamma en pappa help ons met ons huiswerk en leer ons hoe om koffie en kossies te maak.  Dit is baie lekker om saam met mamma in die kombuis te werk.


Ek het die 28ste Oktober 2015 by die skool geval en my koppie was baie seer.  Ek kan nie baie onthou nie maar onthou dat mamma en pappa by my in die hospitaal was toe ek wakker word.  Amper almal was daar gewees. Pappa, mamma, ouma Joey en Nella, ouma Manda, Lisa en Johan.  Almal van mamma en pappa is baie lief vir my en my sussie en ons is ook baie lief vir hulle.  Ek kan nie veel onthou nie maar ek weet toe ek my ogies oop gegaan het was my mamma en pappa daar. 


Ek weet die dokters het iets in my koppie gesit wat help dat ek nie so baie kopseer kry nie. Mamma het ook vir my gese dat ek altyd vir die dokters sal gaan kuier want hulle moet kyk dat my koppie nie weer so baie seer word nie.  Mamma en pappa het beurte gemaak om my na die hospitaal toe te vat.


Ek is baie lief vir mamma en pappa en weet dat hulle baie doen vir my en sussie.  Mamma en pappa se altyd dat liewe Jesus my lewe gered het sodat hulle so n mooi dogtertjie soos ek kan het. Vandag hardloop sy rond en is sy weer n kind, ek kan skaars glo dit is al amper n jaar terug, sy kan deelneem in baie, en sy doen graag balet en model.


Baie keer vra mense hoe ek dit reg kry? Ek het net een antwoord; “God het my vertrou om die regte keuses in my lewe te maak, en as dit beteken dat ek 'n verskil kan maak in enige kind se lewe, sal ek dit met altwee hande aangryp. Hy sal voorsien op een of ander manier. Ek is gebless met 'n man wat my ten volle bystaan en wat saam my die Here dien, sy familie aanvaar en  help ons waar okal hulle kan.”

Show's Stories