‘n Vriendskap te midde van COVID-19 – Mack wys hoe!

‘n Vriendskap te midde van COVID-19 – Mack wys hoe!

Mack Rapapali van Mornings with Mack het die musiekvideo vir sy splinternuwe liedtjie bekend gestel.

Mack and Christiaan
Supplied

Die COVID-19 pandemie het tot gevolg gehad dat baie hul vriendskappe ongroei of laat gaan het.


 


Mack en sy musikantsvriend Christiaan Baartman het hul enkelsnit ‘’n Vriend Soos Jy’ se musiekvideo vrygestel.


 


Dit toon ‘n egte vrienskapsband wat tydens die gesondheidskrisis gebroei het.



KYK: Mack se weergawe van ‘Lisa Se Klavier’ sal jou hartsnare roer

 


Die splinternuwe musiekvideo toon ‘n virtuele konsert weens die coronavirus pandemie en flitse van wat hulle sou doen indien daar nie ‘n inperking was nie.


 


Die video is deur EventCast Virtual Studios in Centurion vervaardig.


 


“Die enkelsnit handel oor ‘n vriend wat al jou sterk- en swakpunte ken. Dié een wat jy bel wanneer jy in die moeilikheid is of goeie nuus mee wil deel,” sê Mack.

Show's Stories