KYK: Akteur Neels van Jaarsveld is gereed om liefde te vind

KYK: Akteur Neels van Jaarsveld is gereed om liefde te vind

Die gewilde akteur Neels van Jaarsveld is opsoek na sy perfekte pasmaat in die splinternuwe kykNET realiteitsprogram, 'Op My Eish'.

Henré Pretorius & Neels van Jaarsveld
Jacaranda FM

Hy het ‘n groot liefde vir teater, branderblankry en gholf, maar daar is een liefde waarna hy nog smag. 

Die aantreklike akteur Neels van Jaarsveld is opsoek na ware liefde en kykNET (DStv-kanaal 144), met die hulp van sy "wingman" en aanbieder, Henré Pretorius, gaan hom help om sy regte pasmaat met die realiteitsprogram, 'Op My Eish', te vind. 

In die realiteitsprogram, vertolk Neels egter nie ‘n rol nie – hy is ‘n doodgewone man wat graag liefde wil vind en sy lewe met iemand wil deel.

LEES: Die legendariese Sandra Prinsloo gesels oor haar solostuk, 'Spertyd'

Neels mis ‘n spesiale persoon langs hom – iemand wat die vreugdes en hartseer van die lewe met hom kan deel; iemand met wie hy die normale dinge in die lewe kan geniet, wat hom kan laat lag en saam met wie hy onthou-oomblikke kan beleef.

Kykers kan uitsien na waar Neels vir 13 weke lank na sy ideale pasmaat gaan soek – ‘n avontuur met ware liefde vir Neels as die eindbestemming.    

“Op My Eish' is ‘n nuwe hoofstuk in my lewe, ‘n magiese avontuur, ‘n tuimeltrein met die moontlike hoop van liefde en ‘n boodskap wat bars van positiweit.”

Sy "wingman" en aanbieder van die program, Henré Pretorius stap saam Neels die pad om sy perfekte pasmaat te vind. 

‘n Paar van Neels van Jaarsveld se gunsteling dinge:

Kleur: Blou

Kos: Beeshaas

Dier: Luiperd

Reisbestemming: Kruger Nasionale Park, Rome en Zanzibar

Musiekgroep: Fleetwood Mac en Fokofpolisiekar                                                           

Boek: 'Still Life with Woodpecker' deur Tom Robbins

Stokperdtjies:  Intelligente gesprekke, poësie, gholf en branderplankry

Fliek: 'Birdman'

Aanhaling: "Be yourself, everyone else is already taken."

'Op My Eish' is vanaf 22 April om 20:00, elke Donderdag op kykNET (DStv-kanaal 144) te sien. 

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Jacaranda FM

Show's Stories