Bekroonde 'Barakat' is Suid-Afrika se amptelike inskrywing vir die 2022 Oscars

Bekroonde 'Barakat' is Suid-Afrika se amptelike inskrywing vir die 2022 Oscars

Die Nasionale Rolprent-en-video-stigting (NFVF) het die multi-bekroonde Multichoice film 'Barakat' gekies as Suid-Afrika se amptelike inskrywing vir Beste Internasionale Film by die 94ste Oscars in 2022.

Barakat
Verskaf

Amy Jetha sal die vierde vroulike regisseur wees wie se film in aanmerking kom vir die Oscars deur Suid-Afrika, en die eerste vrou van kleur.

'Barakat' volg die Moslem weduwee Aisha Davids soos sy probeer om haar gebroke familie te herenig tydens Eid-al-Fitr, en die nuus breek van haar nuwe romanse.

LEES: Vonkelvrou Lizz Meiring bring ‘Die Weduwee se Sjampanje’ na Pretoria

Die Suid-Afrikaanse Rolprent- en Televisietoekennings (SAFTA) benoemde, Vinette Ebrahim, vertolk die rol van die matriarg, terwyl haar vier seuns, wie steeds sukkel om die afsterwe van hul pa twee jaar gelede te verwerk, gespeel word deur Joey Rasdien, Mortimer Williams, Keeno-Lee Hector, en Danny Ross.

Die res van die rolverdeling sluit in SAFTA-wenners Quanita Adams en June van Merch, asook SAFTA-benoemdes Bonnie Mbuli en Leslie Fong.

LEES: 'Die Hof'-oomblik laat duisende skaterlag

'Barakat' is in Afrikaaps, die Kaapse dialek van Afrikaans, wat wyd deur inwoners van die Kaapse Vlakte gepraat word. Vroeër vanjaar is die aankondiging gemaak van die eerste Kaaps woordeboek wat tans in ontwikkeling is.  

“Ek is so trots op ons klein storie oor ’n familie wat so baie mense bereik het,” sê Amy, die 2019 Standard Bank Jong Kunstenaar van die Jaar vir teater, wie ook Suid-Afrika se amptelike 2018 Golden Globes inskrywing vir Buitelandse Film, 'Ellen: The Story of Ellen Pakkie', geskryf het. “Om erkenning op hierdie wyse van Suid-Afrika te kry, is baie spesiaal na ’n ongelooflike uitdagende jaar vir ons filmbedryf.”

LEES: Student stel 'Gee My Die Woorde' bekend met Karen Zoid

Amy het 'Barakat' geskryf saam met die vervaardiger, Ephraim Gordon, wie mede-stigterslid is van die produksiemaatskappye, PapperJet Films en Nagvlug Films, met haar. 

“Hierdie was ’n totale onverwagse keuringskeuse, maar dit bewys dat almal se harde werk op hierdie projek die moeite werd was,” sê Ephraim. “Hierdie film was ’n seëning van die begin en is nogsteeds. Dit is ons barakat.

'Barakat' was vrygestel by die Suid-Afrikaanse loket in Mei 2021 en op BoxOffice by DStv in Junie 2021 met New Frame wat dit loof as ’n “gelaaide, intieme en oneindige menslike storie oor ’n familie wat ’n sterk teenkanting-narratief van Moslem-stereotipes bied” en Rapport se Leon van Nierop prys dit as ’n “juweel wat skyn in sy menslikheid.”

LEES: SA se Motsi Mabuse skitter as beoordeelaar op 'Strictly Come Dancing'

Dié aangrypende film, wat Film Africa 2020 gesluit het, het al sover sewe internasionale toekenings ingepalm insluitende Beste Internasionale Rolpent by die 2021 Idyllwild Internasionale Fees van Rolprente en Beste Narratiewe Rolprent by beide die Motion Pictures Internasionale Rolprent-fees en The Reel Sisters of The Dispora-fees in 2020.

Nominasies vir die 94ste Oscars toekennings sal op 8 Februarie 2022 aangekondig word, met die Oscars seremonie wat op Sondag 27 Maart 2022 plaasvind.

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Verskaf

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories