Bobby van Jaarsveld gesels oor hoofrol in 'Spoorloos: Die Eiland'

Bobby van Jaarsveld gesels oor hoofrol in 'Spoorloos: Die Eiland'

Een van Suid-Afrika se gunsteling-goue-seuns, Bobby van Jaarsveld gesels oor al die drama, intrige en raaisels in 'Spoorloos: Die Eiland'.

Bobby van Jaarsveld
Jacaranda FM

Bobby van Jaarsveld vertolk die rol van 'Stefan' in die nuwe seisoen van 'Spoorloos: Die Eiland' op kykNET.

KYK: 'Getroud Met Rugby'-aktrise verklap opwindende nuus!

Kykers sal hom onthou vir flieks soos 'As Jy Sing' en 'Liefling'. Hy het ook in die kykNET-komedie 'Mense Mense' gespeel en het as beoordelaar in 'The Voice' opgetree, maar hierdie is sy eerste rol in ‘n TV-drama. 

Die ekstatiese van Jaarsveld het voorheen op sosiale media vertel, "Ek is so ongelooflik opgewonde hieroor. Dis die eerste keer dat ek so ’n ernstige rol vertolk,” sê Bobby. “Dis vir my ’n groot voorreg om deel van die produksie te kon wees – 'Spoorloos' se kwaliteit is next level”. 

LEES: 'Troukoors'-aktrise word vir 'n SAFTA benoem

Van Jaarsveld het min bekendstelling nodig en is professioneel bekend as 'n Suid-Afrikaanse popsanger-liedjieskrywer en akteur. Hierdie drievoudige, talentvolle kunstenaar wie `n  Paarl -boorling is, het lank gewag om só tipe rol te vertolk.

Soos met die vorige seisoene, is 'Spoorloos: Die Eiland' ’n losstaande spanningsverhaal met nuwe karakters en ’n nuwe storielyn. In die jongste seisoen word ’n avontuurlustige argitek, Stefan Claassen, se lewe in chaos gedompel wanneer 'n toevallige ontmoeting met sy lang verlore liefde nie net sy gevoelens vir haar opnuut laat opvlam nie, maar hom in 'n web van bedrog intrek wanneer sy vermis raak. 

LEES: Is dit 'n seun of dogter vir Khloé Kardashian en Tristan Thompson?

'Spoorloos' begin op 19 Julie 2022 om 20:00 op kykNET, kanaal 144.  

Kyk die volledige lokprent van 'Spoorloos: Die Eiland' hieronder:

Skakel in op die 'The Afternoon Drive', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af:

Volg ons op sosiale media: 

MEER OP JACARANDA FM


Show's Stories