'Dames, sê my wat jou naam is' maak groot opslae in Suid-Afrika

'Dames, sê my wat jou naam is' maak groot opslae in Suid-Afrika

'Dames' het meer as 2 miljoen kyke op YouTube! Biggy het met Rian van Heerden gesels oor sy gewilde treffer!

Scenic Drive Biggy Dames
Jacaranda FM

'Dames, sê my wat jou naam is' is tans besig om Suid-Afrika oorteneem!

Die liedjie gaan oor Biggy wat 'n aantreklike dame in 'n klub ontmoet, en haar dan huistoe neem. 

Biggy se debuut-enkelsnit, 'Dames', het laas week die eerste Afrikaanse liedjie geword wat die nommer een posisie bereik het op al die UMGSA-musiekstromingsplatforms.

Biggy is ook die eerste Afrikaanse kunstenaar wat ’n no.1 posisie op Apple Music SA se Top 5  behaal het!

Na die sukses van sy gewilde treffer, het die Scenic Drive-span besluit om Bigge te nooi vir 'n behoorlike kuier!

"Die liedjie is nie eintlik vir kinders nie, maar hulle 'vibe' so kliphard met dit."

"Toe ek matriek voltooi het, was ons by 'n partytjie, en na die kuier stap ons huistoe, en 'n groep meisies stap op ons af - en my vriend sê toe: Dames, sê my wat jou naam is. So het die idee van die liedjie opgekom." 


KYK DIE MUSIEKVIDEO HIER:

Show's Stories