Frank Opperman gesels oor nuwe reeks, 'Nêrens, Noord-Kaap'

Frank Opperman gesels oor nuwe reeks, 'Nêrens, Noord-Kaap'

Die teaterstuk, 'Nêrens, Noord-Kaap', sal as ‘n dramareeks op kykNET uitgesaai word.

Frank Opperman
Jacaranda FM

Die teaterstuk, 'Nêrens, Noord-Kaap', word vanaf 31 Augustus 2021 as ‘n volwaardige dramareeks op kykNET (kanaal 144) uitgesaai.

LEES: 'Nêrens, Noord-Kaap': Teaterstuk word omskep in dramareeks

'Nêrens, Noord-Kaap', het sedert 2017 uitverkoopte teaterlokale gehad. Dit is as Beste Nasionale Debuut by die Vrystaat Kunstefees bekroon en het die kykNET Fiësta-toekenning vir Beste Ensemblewerk ingepalm.

LEES: FOTO'S: TV-ster deel haar grootste wens vir haar seuntjie

Drie vervreemde broers vind die kronkelpad terug na hulle ouerplaas, Nêrens, waar geheime, hartseer en die waarheid oor hulle ma se dood, in die pad van verlossing staan. 

LEES: FOTO’S: kykNET se 'Arendsvlei' vier 500 episodes!

'Lourens Adendorff', gespeel deur Frank Opperman, 'n boer en patriarg van hierdie dorre koningkryk, kom skaars uit die huis uit. Die gordyne van sy sandsteen kasteel altyd toegetrek. Sy Nederlandse vrou, 'Katja', is reeds twintig jaar al oorlede en sy drie seuns het hom almal verlaat.

"Ek dink dit is een van die mooiste reekse nog," het Opperman genoem.

LEES: Sepiepaartjie verwag eersteling

'Frans', die oudste seun, bestuur nog die plaas, maar praat skaars ’n woord met sy pa. 'Ronnie', die middelkind, sit geskei in Kaapstad en probeer sy seuntjie van ’n afstand af grootmaak. En 'Andries', die jongste, appel van sy pa se oog, het hulle almal verwerp en is al jare lank oorsee. Die familie is in stukke, en die plaas stagneer in tyd en plek.

Frank Opperman Nêrens, Noord-Kaap
Verskaf/ kykNET
Nêrens, Noord-Kaap
Verskaf/ kykNET

Kyk na die amptelike voorskou van 'Nêrens, Noord-Kaap': 

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Jacaranda FM

Show's Stories