"Kersfees vier ek saam my kêrel" - Leandie du Randt

"Kersfees vier ek saam my kêrel" - Leandie du Randt

Gewilde TV-aanbieder, aktrise en entrepreneur Leandie du Randt gesels oor Kersfees en haar boodskap van hoop vir Suid-Afrika. 

Leandie du Randt
Instagram/ Leandie du Randt

Dit was 'n opwindende jaar vir Leandie du Randt met 'n nuwe fliek, 'Meisies Wat Fluit' en haar rol as Mej. Suid-Afrika-beoordeelaar agter haar naam.

Leandie du Randt sluit die jaar af om die feestyd saam haar kêrel en sy familie te vier. 

"Ek probeer elke Kersfees my pa en broer sien, maar hierdie jaar is 'n baie spesiale jaar waar ek saam my kêrel gaan vakansie hou. Sy familie hou al vakansie vir 30 jaar, en my familie gaan saam. Die is 'n spesiale tradisie wat begin - en ek is baie dankbaar."

Laasjaar was Leandie du Randt in Europa, en kon nie Kersfees saam haar kêrel vier nie.

"Ek en my familie is nie so groot op Kersfees-geskenke nie, soos wat ons op verjaarsdag-geskenke is nie." 

"Hierdie jaar vir my verjaarsdag het ek 'n iPad van my kêrel gekry - en ek gebruik dit elke dag om te lees en om besigheid te doen." 

"Wanneer mens deur 'n moeilike tyd gaan, moet mens net daarop fokus om dankbaar te wees. Mens kan nie altyd positief wees nie, maar jy kan altyd dankbaar. Kyk na wat jy het waaroor jy dankbaar kan wees soos jou gesondheid, jou vriende of net enigiets klein. Hou net vas. Druk net deur. Keep on fighting."

Show's Stories