Khail West debuteer sy eerste enkelsnit 'Kiss The Girl'

Khail West debuteer sy eerste enkelsnit 'Kiss The Girl'

Boerboel Rekords is trots om die bekendstelling van 'n nuwe kunstenaar in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf aan te kondig.  

Khail West
Verskaf

Khail West is al vir baie jare 'n Boerboel Wear handelsmerk ambassadeur en is nie nuut tot die Boerboel-familie nie. In November is sy debuut-enkelsnit, 'Kiss The Girl' (van The Little Mermaid) vrygestel.

LEES: 'Op My Eish!' - Francois Jacobs is gereed om liefde te vind

Die enkelsnit herinner mens na ons jeugjare en is verwerk met ‘n robuuste country gevoel.

In hierdie liedjie se video sal die kyker daaraan herinner word dat ons nie alles kan kry wat ons graag wil hê nie, dat die lewe ons voor moeilike keuses stel, en dat liefde altyd wen, al is dit daai een wat weggekom het; daar is geen waarborge in die lewe nie.

LEES: Irma de Klerk: Huisgenoot se nuwe troostante

Die Boerboel Wear-span is reeds besig met die skryf van opkomende musiek vir Khail West, wat 'n meer ernstiger kant van die handelsmerk sal openbaar. 

Aangesien 'n nuwe era vir die Boerboel Wear-handelsmerk aanbreek, is hierdie so country as wat ons nog ooit gegaan het, en hulle sien uit daarna om die sonsopkoms langs die pad te geniet. 

Kyk na die musiekvideo hieronder: 

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: Jacaranda FM

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories