KYK: Bottomless Coffee Band se splinternuwe musiekvideo

KYK: Bottomless Coffee Band se splinternuwe musiekvideo

Bottomless Coffee Band het met die Scenic Drive-span gekuier. 

Bottomless Coffee Banf
Webtuiste/ Bottomless Coffee Band

Bottomless Coffee Band is ’n folk-pop-duo, wat bestaan uit Lourens en Esté Rabé, wat al vir sewe somers getroud is, en met meer as 12 instrumente gehore dwars oor Suid-Afrika, Namibië, Europa en die Verenigde Koninkryk vermaak met vars en opgewekte musiek en stories. 

KYK: 'Boerepompie' kry 10 miljoen kyke op YouTube

Lourens en Esté het as twee ambisieuse studente in Stellenbosch ontmoet, en na ‘n draai in die korporatiewe wêreld het hulle die musiekbedryf aangepak om ander deur musiek te kan inspireer. 

Die Rabé’s het reeds twee albums 'Room With A View, en 'Anthelia' bekendgestel, en het verskeie enkelsnitte op alle e-stroomplatforms beskikbaar. 

'Prediker: Hoofstuk Een', is die Bottomless Coffee Band se splinternuwe Afrikaanse album. 

Die album is deur ‘n lewensveranderende ervaring gedurende hul besoek aan Amerika in Januarie vanjaar, en die onvoorspelbaarhede van die grendeltyd en die effek van ‘n pandemie op ons wêreld en samelewing, geïnspireer.

LEES: 'Getroud Met Rugby'-manne sny hare vir kankerbewustheid

Hierdie album bied dus musiek oor meer as liefde, koffie, wyn en mense aan; dis ‘n versameling van stories oor die seisoene van die lewe. 

'Prediker: Hoofstuk Een' bevat drie titels naamlik ​'Sewe Somers'​, ​'Alles En Niks',​ en ​'Ek Wou Nog​'.

Kyk die musiekvideo vir 'Sewe Somers' hieronder:  

Show's Stories