KYK: 'Die Hof'-oomblik laat duisende skaterlag

KYK: 'Die Hof'-oomblik laat duisende skaterlag

kykNET & Kie se splinternuwe arbitrasie-realiteitsreeks, 'Die Hof', bring hope drama na die kassie!

Die Hof
YouTube/ 'Die Hof'

In 'Die Hof' stel twee partye hul sake aan die Arbiter, Advokaat Suzie Gorden, waarna sy die gegewe bewyse opweeg en ’n regsbindende besluit neem. Die waarde van elke geskil beloop nie meer as R20 000 nie.

LEES: 'Die Hof' beloof om hope drama na die kassie te bring!

Daar is familielede wat baklei oor geld, ’n verdagte motorwerktuigkundige wat mense inloop en selfs twee plaasboere wat baklei oor die testikels van ’n bul!

Alhoewel daar 'n paar lekker sake is wat kykers gaan laat behoorlik snak het na hul asem, is daar ook paar wat kykers warm onder die kraag gaan laat.

LEES: Student stel 'Gee My Die Woorde' bekend met Karen Zoid

Voormalige polisiespeurder, Advokaat Suzie Gordon is 'Die Hof' se Arbiter. Sy is ook ’n gekwalifiseerde forensiese ondersoeker en verdedig al jare lank die buiteperd in arbeidsake.

In episode drie, het Advokaat Gordon 'n eiser geskok met haar uitspraak. 'n Vrou het R2500 by haar skoonsuster geleen, en het toe nooit die geld terug betaal nie. Sy het aan Advokaat Gordon genoem dat sy "arm" is en kan nie die geld terug betaal nie. 

LEES: 'Binnelanders' se Nadia Valvekens terug in dramareeks

Advokaat Gordon het aanbeveel dat sy die R2500 móét terug betaal in paaiemente van R200. 

Die eiser was glad nie gelukkig nie, en die uitspraak van Advokaat Gordan het haar geskok. 

Dié oomblik het soos 'n veldbrand op sosiale media versprei en die skoonsusters het beslis Advokaat Gordon se geduld getoets!

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Foto: YouTube/ 'Die Hof'

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories