Paartjie verloof danksy Facebook-groep

Paartjie verloof danksy Facebook-groep

'n Brits-paartjie is verloof nadat hulle mekaar op 'n Facebook-groep ontmoet het. 

Britse-paartjie Facebook
Verskaf

Vir jare was Jaques Fourie enkellopend, maar hy het nie opgegee op die liefde nie. Danksy 'n Facebook-maatsoekblad of -groep het hy sy verloofde Hanneke de Lange gevind.  

LEES: Op 14 swanger, maar sy voltooi steeds matriek

Die Facebook-maatsoekblad of -groep, 'Boer Soek ’n Vrou/Vrou Soek ’n Boer', is ’n blad wat boere of boerenooiens help om hulle spesiale persoon te kry.

Fourie het ’n plasing gemaak op 5 Mei 2021, en De Lange het die aand haar nommer gelos by die kommentare op Facebook. Volgens Fourie was sy bietjie skrikkerig omdat sy nie ’n mens is wat sommer net haar nommer sal los op ’n groep nie. 

LEES: 'Boer Soek 'n Vrou' se geliefde paartjie deel opwindende nuus

Na twee maande het die paartjie op hul eerste afspraak gegaan by Panarottis - en die res is geskiedenis. 

Ná daardie eerste ontmoeting het hul liefde net aanhou blom.

LEES: SARIE-kosredakteur Herman Lensing gesels oor sy rol in die fliek 'Stiekyt'

 Hy het haar gevra om te trou tydens 'n vakansie in Nylstroom.

Die paartjie gaan in Augustus amptelik trou. 

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Meer Op Jacaranda FM


Foto: Verskaf

Show's Stories