Ruan Wessels gesels oor sy verhoogstuk 'Plesierengel'

Ruan Wessels gesels oor sy verhoogstuk 'Plesierengel'

Daar was groot debattering oor wat in- en uitgelaat moet word, en sekere mense was só geskok dat hulle die roman, ‘Plesierengel’ summier verband het. Die verhaal word nou weer vertel, maar die keer as ‘n eenmansverhoogstuk met akteur Ruan Wessels.

Ruan Wessels
Jacaranda FM

Toe ‘n jong man die skrywer Leon van Nierop 25 jaar gelede uit die bloute nader om sy “besondere lewensverhaal” te skryf, was die skrywer aanvanklik huiwerig. 

LEES: 'Op My Eish!' - Francois Jacobs is gereed om liefde te vind

Tot die man sekere geheime openbaar gemaak het wat sy verhaal nuwe dimensie gegee het en uniek gemaak het. Perskor Uitgewers het destyds dadelik vir van Nierop opdrag gegee om die besondere en dikwels ongelooflike verhaal neer te pen. 

LEES: 'Op My Eish!': Ontmoet die 15 dames wat opsoek is na liefde

Daar was groot debattering oor wat in- en uitgelaat moet word, en sekere mense was so geskok dat hulle die roman summier verbrand het, net om later te erken dat hulle ‘n fout gemaak het deur bloot op grond van die titel en wat hulle vermoed het in die roman is so oorhaastig op te tree. Hulle het later van die oorspronklike roman se grootste ondersteuners geword! 

LEES: Gewilde aktrise het 'Troukoors'

Die boeke, veral die eerste, het ‘n klein sensasie veroorsaak omdat daar soveel verrassingselemente in was, en dit nie suiwer en blatante erotiese literatuur was nie, en nog minder ‘n hygroman. Die karakter, ‘n prostituut, Tristan Hansen, en die rede waarom hy hierdie rigting gekies en ingeslaan het, het mense dikwels sprakeloos gehad.

LEES: Seisoen twee van 'Troukoors' in Mei beskikbaar

In 2021 het die bekroonde teatervervaardiger Johan van der Merwe, die regisseur Lihan Pretorius en die akteur Ruan Wessels van Nierop genader en hierdie uitdaging aan hom gestel: vertel die verhaal weer ‘n keer, maar dié slag as ‘n eenmansverhoogstuk waarin die teks konsentreer op, nie alleen die tragiek van hierdie karakter en sy lot nie, maar unieke insidente, en sy verhoudings en besoeke aan vroue wat nog nie tevore in die romans vertel is nie.

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16:00-19:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Meer Op Jacaranda FM


Foto: Jacaranda FM

Show's Stories