Voormalige '7de Laan'-aktrise groet vir eers toneelspel

Voormalige '7de Laan'-aktrise groet vir eers toneelspel

Melanie du Bois se toestand met bipolêre versteuring en angs het haar by ’n punt gebring waar sy op haar geestesgesondheid wil fokus.

Melanie du Bois
Instagram/ Melanie du Bois

Melanie du Bois is bekend en geliefd in die vermaaklikheidsbedryf. Sy is al vir meer as 23 jaar aktief in die bedryf. Hierdie Johannesburgboorling is gebore vir die kunste en het vir haarself 'n naam uitgekerf veral omdat sy in 2013 genomineer was vir die 'Kids Choice'-toekenning vir die Beste Aktrise en later vir die 'Tempo'-toekenning vir die Beste Aktrise vir haar in '7de Laan'.

LEES: 'Getroud Met Rugby'-ster Arno Greeff is verloof

Du Bois het in 2009 by die rolverdeling van die SABC2 Afrikaansesepie, '7de Laan', as modeontwerper 'Felicity Daniels' aangesluit. In 2017, het sy in die SABC3-komedie-drama 'Soap On A Rope' opgetree en die rol as 'Zee' vertolk. In 2018 het sy die subhoofrol as 'Ronel Foster' in die kykNET&kie-sepie 'Arendsvlei' vertolk. 

Melanie du Bois sukkel met bipolêre versteuring, depressie en angs en die druk om 'n onderwerp op televisie te wees. Veral omdat mense gevoel het hulle kan kommentaar lewer. Luidens ’n onderhoud met Huisgenoot wil sy ’n tree terug gee en haarself herinner wie sy werklik is.

LEES:  "I’ve forgotten what normal’s like" - Darren Maule on #KZNFloods

Du Bois is deur 'n rowwe paar jaar. Sy het haar suster en haar susterskind binne 'n kwessie van drie maande in 2015 aan selfmoord verloor. In 2016 het beide '7de Laan' en haar eksman `n einde bereik. In daardie tyd is sy ook met bipolêre versteuring en angs gediagnoseer.

Sy neem steeds kroniese medikasie en sien 'n psigiater, en hoewel dit soms moeilik is om uit die bed te kom, sê sy dit was bevrydend om haar storie te vertel.

 LEES: Aktrise Anel Alexander weer terug by die huis

Nou wil sy ander help om hul stories te vertel in die hoop dat dit ook vir hulle genesing sal bring.

Skakel in op die 'Scenic Drive with Rian', weeksdae van 16: 00-19: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.

Volg ons op sosiale media: 

Foto: Instagram/ Melanie Du Boois

Show's Stories