VOORSKOU: Philicity Reeken kuier saam die 'Bravo!'-span

VOORSKOU: Philicity Reeken kuier saam die 'Bravo!'-span

Van 'Survivor' tot 'Binnelanders' - Philicity Reeken skrik vir niks. Sy kuier Sondag saam die 'Bravo!'-span op kykNET.

Philicity Reeken
Jacaranda FM

Philicity Reeken het 'n huishoudelike naam geword vir haar bydrae tot die TV- en radiobedryf.

'Song Vir Katryn', 'Survivor' en 'Binnelanders' is maar net 'n paar televisie-programme wat ons kan opnoem waarin Philicity al haar verskyning gemaak het. 

En nou is sy deel van die Scenic Drive-span op Jacaranda FM waar sy miljoene vermaak met haar ikoniese stem en borrelende persoonlikheid.

Philicity skrik vir geen uitdaging - en dié Sondag gesels sy saam die 'Bravo!'-span oor haar TV-en radio-loopbaan, gewigsverlies en alledaagse uitdagings. 

"Dit was 'n wonderlike geleentheid om saam die 'Bravo!'-span te werk."

Hier is die voorskou: 

Kyk uit vir die splinternuwe episode van Bravo! die Sondag 7 Junie, 19:30 net op kykNET

Show's Stories