My eerste ontmoeting met Nataniël

My eerste ontmoeting met Nataniël

Eerlik, dramaties, geen pretensie.

Blog Nataniel.jpg
Verskaf/ Nataniël


My eerste ontmoeting met Nataniël was minder snaaks as wat ek aanvanklik gedink het dit gaan wees.

 


Ek word altyd vervoer deur sy droë humor en sy eksentrieke kostuums.

 


Nataniël bieg al het sy ontwerpers lank vir hom gewerk, het die ‘arme siele’ dit nie gemaak nie. 

 


Sy grappe is snaaks asook sy stilte.

 


Nataniël is besig om sy eerste storie te vertel met ’n skare wat aan sy lippe hang.

 


Die tannie agter my skaterlag.



LEES OOK: Nataniël's secret to staying relevant in the industry after so many years

 


Nataniël vertel hoe musiek altyd vir hom akkomodasie gebied het. Dit is iewers waar hy bly en wie hom aanvaar het.

 


’n Onverwagse hartseer val oor my.

 


’n Warm traan rol oor my wang. 

 


Ek wonder of die tannie skuins agter my kan sien hoe die agterkant van my hand my wang tref.

 


Die waarheid is so mooi, die grappe so waar, die sang so eerlik.

 


Mag jou eerste ontmoeting met Nathaniël ook so mooi wees soos myne.



Die gehoor het hulle gate uit geniet by sy nuutste produksie, “30 Years, 90 Minutes” by Emperors Palace.


 

Show's Stories