Bekendes neem deel aan huweliksweek

Bekendes neem deel aan huweliksweek

Intiem tydskrif bied vanjaar vanaf 1-7 September vir die tweede keer Internasionale Huweliksweek in Suid-Afrika aan.

image7.jpeg

Dit is 'n opwindende projek waaraan almal wat vuur-en-vlam vír die huwelik as instelling stem, kan deelneem. 

Dié inisiatief streef daarna om mense bewus te maak van net hóé nodig standvastige huwelike vir die welstand van ons nasie is. Die inisieerders hoop hiermee om paartjies regoor Suid-Afrika te inspireer om weereens op die welstand van hul huwelike te fokus. 

Huweliksweek vorm deel van die groter International Marriage Week wat wêreldwyd gevier word. 

Dewald en Anel Wasserfall

Dié inisiatief poog om 75 nasies hiervan deel te maak teen 2021. Hul boodskap is eenvoudig: "As jy gelukkig genoeg is om in 'n huwelik te kan staan, moet jy daarna kyk - en hier is 'n paar wenke om jou te help om jou verhouding te verbeter, en sommige rigtingwysers na organisasies wat jou kan help om 'n goeie huwelik in 'n fantastiese huwelik te omskep." 

Lloyd en Janice Cele

Liezel van der Merwe, besturende redakteur van Intiem Tydskrif, sê: "Ons missie is om Suid-Afrikaanse huwelike toe te rus met die nodige kennis, visie en inspirasie om 'n heel gesin, en gevolglik 'n gesonde samelewing, te vestig. Ons is só opgewonde om te sien hoe Huweliksweek vanjaar nóg groter groei ná verlede jaar se asemrowende sukses." Sy sê voorts: "Gesonde huwelike kring uit na ons nageslagte en deur 'n huwelik te hê wat wérk, dra jy by tot 'n gesonde samelewing."

Jakkie en Anel Louw

Die Huweliksweek-span haal ook graag die volgende Chinese gesegde aan: "When there is love in a marriage, there is harmony in the home; when there is harmony in the home, there is contentment in the community; when there is contentment in the community, there is prosperity in the nation; when there is prosperity in the nation, there is peace in the world."

Andre en Alphia Venter 

Huweliksweek 2014 is goed op dreef en nuwe programme is ontwikkel om die week so prakties moontlik te maak en selfs meer te bied as verlede jaar. Die Huweliksweek/Marriage Week webtuiste gee aan individue die geleentheid om gratis te registreer en só toegang te verkry tot onder meer teks, kalenders, geskenkbewyse, gratis beradingsessies en die kontakbesonderhede van huwelikskenners. Soos verlede jaar is verskeie bekende persoonlikhede reeds aan boord om hul ondersteuning vir Huweliksweek te wys.

Llyod en Janice Cele

Die organiseerders van Huweliksweek is passievol oor hul projek en doen 'n beroep op beraders, kerke en individue om hul gemeenskappe by dié inisiatief te betrek en Huweliksweek by hul beplanning vir Augustus en September in te werk om die noodsaaklikheid van gesonde huwelike te verkondig. 

Rozanne McKenzie en Chris Bishop

Dié veldtog bied 'n betroubare bron vir huwelikskursusse, konferensies en geleenthede waarmee paartjies hul huweliksband kan versterk en só hul huwelike kan verfris en verryk. 

Persverklaring: Intiem Tydskrif
Fotos: Verskaf 

Show's Stories