Good Morning Angels Extra (Hennie Smit)

Good Morning Angels Extra (Hennie Smit)

Acting legend, Hennie Smit has had a very rough year, with his health a big concern: a group of entertainers are celebrating his career and raising funds - with a special concert!

gma_4.jpg

Background:

Acting legend, Hennie Smit - known and loved by many as "Bertie" in Egoli, has not been well. He spent eight weeks in the Intensive Care Unit of a Pretoria Hospital and his friends were very worried that he would not recover. However, Hennie is on the mend and even getting ready to be back on stage as "Dêda" in "My Boetie se Sussie se Ou" in Hartenbos from 18 - 20 December. Hennie's friends in the entertainment industry decided to put together a concert in his honor, to celebrate Hennie's career and to raise funds. The concert is organised by Frans Swart and Lefra Productions. They are inviting all to be part of this effort. If you cannot make the concert, you can still contribute (details below).

 

 

About:

KONSERT VIR HENNIE SMITH: 30 NOVEMBER 2014 16:00 BY ATTERBURY TEATER, PRETORIA met  Laurika, Sonja, Arina, André, Brümilda, Rian, Francois en Elizabeth en vele meer kom tree op vir Hennie!

 

Die baie bekende akteur en sanger, Hennie Smit, baie bekend as Bertie in Egoli en deesdae Dêda in MY BOETIE SE SUSSIE SE OU, maak baie goeie vordering in Die Wilgers Hospitaal se intensiewe eenheid.  Hy het agt weke gelede dubbele longontsteking opgedoen waarna heelwat komplikasies ingetree het. Hy is onmiddellik na die intensiewe eenheid oorgeplaas waar hy vir die afgelope agt weke om sy lewe geveg het.


 
Frans Swart, Hoof Uitvoerende Beampte van Lefra Produksies en goeie vriend van Hennie en ook regisseur van MY BOETIE SE SUSSIE SE OU, het hom Saterdagoggend in die hospitaal besoek.  “Ek was aangenaam verras, want vir die eerste keer in agt weke kon Hennie in ‘n stoel sit.  Hy is natuurlik nog baie swak, maar die lekkerte was dat hy sy hele ontbyt kon eet … vir die eerste keer in agt weke!  En hy het so lekker gelag, want hy het gesê die suster het hom omgekoop en het hom belowe hy kan die rugby kyk as hy al sy kos geëet het.”  Swart sê dat alhoewel dit vroeë dae is, is hy baie positief dat Hennie volkome sal herstel.  “Die ou Hennie is terug!  Hy begin al die susters rond order.  Dan weet ek Hennie is op die herstelpad.”   Swart moes inderhaas die rol van Dêda by Hennie oorneem vir die speelvakke by die Staatsteater, Windhoek en by Aardklop.  Hennie het egter uit sy hospitaalbed laat weet dat Hennie Smit terug is as Dêda by die Hartenbos-speelvak van 18-20 Desember.


 
Hennie wil graag almal wat vir hom gebid het en wat soveel liefde vir hom gestuur het uit sy hart uit bedank. Hy kry trane in sy oë as hy daavan praat en sonder dadelik sangeres Arina de Witt uit, wat die afgelope agt weke hom totaal bygestaan het.  Hy stuur opregte dank en liefde aan die hele Suid-Afrika vir al die liefde en ondersteuning wat hy die afgelope agt weke ondervind het.


 
Arina de Witt en Frans Swart het besluit om ‘n huldigingskonsert vir Hennie te reël op 30 November om 16:00 by die Atterbury Teater in Pretoria.  “Ons wil graag Hennie se lewe vier, maar in die proses wil ons ook vir hom fondse insamel.  Alhoewel Hennie ‘n baie goeie mediese fonds het, kon hy glad nie die afgelope twee maande werk nie, wat ook beteken dat hy geen inkomste gehad het die afgelope twee maande nie.”  Swart sê dat hulle ongelooflik dankbaar is vir die top kunstenaars wat onmiddellik ingewillig  het om vir Hennie te kom optree.  “Dit is ongelooflik dat soveel van ons bekende kunstenaars dadelik ingestem het om vir Hennie te kom help!  Daarvoor is ons baie dankbaar, want ons besef ook dat Hennie so ‘n ongelooflike invloed op baie kunstenaars se lewe gehad het deur die jare!”
 


Kunstenaars wie vir KONSERT VIR HENNIE kom optree, is werklik die room van die Suid-Afrikaanse vermaaklikheidsbedryf: Laurika Rauch, Sonja Herholdt, André Schwartz, Arina de Witt, Francois en Elizabeth Fourie, Brümilda van Rensburg, die rolverdeling van MY BOETIE SE SUSSIE SE OU, Hannes van Wyk, Rian van Heerden, Julie Strydon en vele meer.  Besprekings kan gedoen word by Computicket 0861 915 8000 of www.computicket.com onder die produksie,  KONSERT VIR HENNIE.  Groepe meer as 10 @ afslag – skakel Lefra Produksies by (011) 815 3000.  Meer inligting by www.lefra.com


 
Indien kontantbydraes gemaak wil word, kan dit direk in Hennie Smit se bankrekening inbetaal word: 

HA Smit
Nedbank Tjekrekening
Takkode: 151 105
Rekeningnommer: 151 102 5808
Stuur asseblief alle bewyse van inbetalings aan [email protected] of faks aan (011) 362 5233.


 
Indien mense ongemaklik voel om direkte inbetalings te doen, kan Lefra Produksies geskakel word vir volledige inligting en vorms by (011) 815 3000 of epos Lefra [email protected] 

Show's Stories