Official trailer for Die Windpomp
Updated | By Shayling Guy
After Frankie's lengthy search for the leading lady; the homegrown masterpiece, Die Windpomp is set for release this year in SA cinemas. Discover more about this proudly South African film here.
Chris Roland, Kaapse rolprentvervaardiger het gevra “Wat wil Afrikaanse fliekgangers sien?” Die antwoord: ’n “Hollywoodkwaliteit-film” in Suid-Afrika en in Afrikaans. Toe Roland op die storie van Die Windpomp afkom, het hy dadelik geweet dat dié storie die regte elemente bevat wat Afrikaanse gehore na smag.
Die Windpomp kom uit die die stal van die vervaardigers van Stander en Hotel Rwanda en word alreeds genoem die beste Afrikaanse film van dié of enige ander jaar met ‘n indrukwekkende rolverdeling wat Ian Roberts, Marga van Rooy, Grethe Fox, en nuwelinge Leandie Du Randt, Armand Greyling en Sean-Marco Vorster insluit.
Geskryf en geregisseer deur Etienne Fourie (ook die skrywer van Klein Karoo). Die Windpomp handel oor die twintigjarige Hendri (Armand Greyling) se aweregse en kleurvolle storie wat een besondere somer plaasvind in ’n aftree-oord waar sy oupa woon.
Tussen tuindwergies, bingo-aande en eienaardige gedrag van die inwoners in die oord, knoop Hendri ’n vriendskap aan met sy nuuskierige buurvrou, Tannie Marietjie (Marga van Rooy) en haar twee beste vriende, Rossouw en Miggie (Ian Roberts en Grethe Fox). Wanneer Hendri vir Margot (Leandie du Randt) ontmoet en halsoorkop verlief raak, begin die aftree-oord nuwe lewe kry. Alles is egter nie pluis nie: Hendri kom op ondenkbare geheime af...
Die Windpomp word op 25 April 2014 uitgereik en versprei deur Nu Metro Films.
Show's Stories
-
"Is that my ear?" Barber pranks kid during haircut
Could you ever get tired of a good prank?
The Workzone with Alex Jay 8 hours ago -
Toddler says he's allowed to bite people
A little boy answers "yes" when asked: "Are you allowed to bite people?"
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 8 hours ago