KYK: Angie Oeh laat die skare gons
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Suid-Afrikaanse rapper, Angie Oeh se eerste musiekvideo het Suid-Afrikaners behoorlik op hol!

'Big Booty Bitch' is die naam van Suid-Afrikaanse rapper, Angie Oeh se eerste enkelsnit saam met die musikant Van Pletzen.
Lees meer: 'Binnelanders' se Cindy Swanepoel en mede-akteur smoorverlief
Die 23-jarige rapper van Pretoria het nou haar heel eerste musiekvideo ook vrygestel vir haar liedjie 'Sex In Afrikaans' wat reeds in Mei beskikbaar was.
Waarskuwing: Sterk taalgebruik
'Sex In Afrikaans' was ook die naam van Oeh se eerste debuutalbum.
Angie Oeh, regte naam Angelique Greeff, beskryf haar musiekstyl as 'n kombinasie van hip-hop, rock 'n roll en popmusiek.
Volgens Netwerk 24, is die rapper se doel om dit "normaal te maak vir meisies om oor ander meisies te sing en almal op die dansvloer te kry".
Lees meer: Afrikaans Is Groot is terug én hierdie keer groter as ooit!
Oeh het ook aan Netwerk 24 gesê dat alhoewel haar musiek vir sommige mense as vernederend tenoor vroue voorkom, voel sy haar musiek is eintlik 'n "ode aan vroue".
Die rapper se tweede album word op 1 September vrygestel.
behind the scenes pics van
— angie oeh (@angie_oeh) August 1, 2022
SEX IN AFRIKAANS se music video 🍑
check net al die mooi mense
julle is almal befok!
📸 SNAKE #byjagermeister @jagermeistersa
initiative 💕 pic.twitter.com/VW3eVGRCMf
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09: 00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
WATCH: Why women smell better than men
We're here to help you make 'scents' of this very interesting study!
The Drive with Rob & Roz 17 hours ago -
Find out which official 'Superman' character playlist you are!
The most recent 'Superman' release has been making waves, and people hav...
The Drive with Rob & Roz 18 hours ago