KYK: Nóg 'n Springbok deel opwindende babanuus!
Updated | By Breakfast with Martin Bester
Dié bekende Springbok-speler en sy vrou het die fantastise nuus op sosiale media gedeel.

2023 gaan werklik 'n jaar wees om te onthou vir die Springbokke.
Nie net het hulle die Rugbywêreldbeker gewen nie, maar daar is tans twee spelers wat aangekondig het dat hulle klein bok-baba's verwag.
Springbok-slot Eben Etzebeth en sy vrou Anlia Etzebeth het eerste die goeie nuus gedeel dat daar 'n 'baba Etzebeth' op pad is.
Nou het Springbok-losskakel Handrè Pollard en sy vrou Marise ook die opwindende nuus gedeel dat hulle swanger is.
Die paartjie het op 'n sosiale media-plasing geskryf dat hulle hul eersteling in April 2024 verwag.
Marise en Pollard het prentjiemooi foto's op Instagram gedeel om die nuus aan te kondig.
Kyk hier:
Skakel in op 'Breakfast with Martin Bester', weeksdae van 06:00-09:00. Stroom die program regstreeks hier of laai ons mobiele app hier af.
MEER OP JACARANDA FM
Show's Stories
-
Jessie J undergoes mastectomy after cancer diagnosis
British singer Jessie J has shared an update after undergoing surgery to...
Breakfast with Martin Bester 27 minutes ago -
Uncertainty grows as Miss SA CEO steps down
The Miss South Africa pageant has announced that its CEO, Stephanie Weil...
Breakfast with Martin Bester an hour ago