Krone 2025, die moewiese saamsing jol, is hier!
Updated | By Jacaranda FM
Krone 2025, die moewiese saamsing jol, in samewerking met Standard Bank, gebeur hierdie jaar op 30 Augustus by Loftus Stadion, Pretoria!

Bederf jou vriende en familie, oud en jonk, en kom maak herinneringe wat julle vir jare gaan onthou.
Jy gaan kans kry om jou hare los te maak en die wêreld se grootste treffers te bekroon deur dit kliphard te sing saam met Barto, Bernice West, Bobby van Jaarsveld, Brendan Peyper, Danny Smoke, Die Piesangskille, Eloff, Irene-Louise van Wyk, Juanita du Plessis, Karen Zoid, Kurt Darren, Leah, Liezel Pieters, Ons, Refentse, Snotkop, Tamlyn Wessels, Zaan Sonnekus en meer!
Kom beleef die wêreldklas beligting, vuurwerke, klank, dansers, lewendige orkes en top kunstenaars op Krone se unieke 360-grade verhoog, in die middel van Loftus.
Daar sal ook stalletjies beskikbaar wees om jou honger en dors te les. Hou ons sosiale media dop vir meer inligting en verrassings.
Sien jou by Krone 2025, want saamsing is die nuwe saamstaan.
Show's Stories
-
WATCH: Superstar singer wears top made of engagement rings
Want to make a fashion statement? Wear a top made of engagement rings fr...
The Drive with Rob & Roz 13 hours ago -
Report warns of social media's mental health effects on kids
A new report says that this concern "is a wake-up call" that can no long...
The Drive with Rob & Roz 14 hours ago