Audio On Demand
100 Jaar van Afrikaans
In 2025 vier Afrikaans ‘n honderd jaar van amptelike erkenning, maar haar verhaal strek reeds eeue terug, en daar is dié wat glo haar storie begin nou eers wortel skiet. In dié oorspronklike JacPod potgooi minireeks, delf Jacranda FM Nuus se redakteur en nuusleser, Marlinée Fouché, in die ryk erfenis en geskiedenis van Afrikaans. Die eerste woorde is reeds in 1559 opgeteken, die eerste alfabet is in Arabies geskryf en aanvanklike pogings om die taal in eie reg te erken, was lewensgevaarlik. Kom luister saam na Afrikaans se geskiedenis, die rol wat die media en die vermaaklikheidswêreld gespeel het in haar vormingsjare – en waarheen die taal op pad is.
