Mevrou vang ‘n gevaar op die pad
Updated | By Dianne Broodryk en Gerda de Sousa
Mevrou gaan net “gou-gou eiers koop om die poeding klaar te
bak” ... en toe verander die middag in 'n nagmerrie.

Die volgende oomblik bars ‘n kar oor die stopstraat – skraap die nommerplaat skoon van die neus van Mevrou se kar af – en jaag weg.
“Hierdie b!*%&em gaan nie hiermee wegkom nie!”
In die tweede episode van Mevrou Mevrou, vertel Dianne Broodryk vir Gerda de Sousa hoe ‘n Mevrou vol adrenalien, ‘n gevaar op die pad gestop het.
Ons kry almal met padvarke te doen.
Gewoonlik is dit net ‘n skietgebedjie of ‘n vloek en jy gaan aan met die lewe.
Maar wat gemaak as dit regtig ernstig is en jy’t nie jou selfoon by jou om bewyse bymekaar te maak of te bel vir hulp nie.

Mevrou Mevrou is ‘n splinternuwe en oorspronklike Afrikaanse podgooi deur Jacaranda FM waarin twee “gesoute” radio kollegas, Gerda de Sousa en Dianne Broodryk, hulle lewens agtermekaar kry met ‘n lekker ou stoep kekkel.
Gerda en Dianne het al dekades saam agter die rug – as joernaliste, by Jacaranda FM, vriendinne wat als van mekaar weet, twee ma’s wat moet help raad gee as die ander nie meer antwoorde het nie en, natuurlik, Mevrouens.

In hierdie eksklusiewe podgooi reeks vir JacPod, tel Gerda en Dianne nie hulle woorde nie.
Hulle mag dalk op ‘n afstand lyk soos twee normale Mevrouens, maar op hulle weeklikse skinkbord gaan jy nie gewone tee en toebroodjies kry nie.
Luister na die eerste episode:
Show's Stories
-
Taxi gets a taste of its own medicine in Midrand
Someone wrote: "More people must do this and stop giving way to taxis le...
The Workzone with Alex Jay 18 minutes ago -
Three winter fruit hacks the kids will love
The orange hack has got to be the highlight of the three.
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 4 hours ago