Amanda Strydom vier Mandela-dag met spesiale weergawe van 'A Child in a Faraway Land'
Updated | By Persverklaring
Die Suidoosterfees en die Jakes Gerwel Stigting vier Nelson Mandeladag vanjaar met ’n spesiale projek - kyk die video hieronder.

In samewerking met die CTMA (Cape Town Music Academy) en Die Burger stel die fees vir Mandela-dag 2020 ’n spesiale nuwe weergawe van Amanda Strydom se lied, “A Child in a Faraway Land" bekend.
LEES OOK: Good Morning Angels supports DJ Jazzy D’s goal to feed thousands on Mandela Day 2020
Thandeka Dladla en Lumanyano “Unity” Mzi van The Unity Band en Frazer Barry sing saam met Strydom in die liedjie.
Amanda Strydom vertel dat sy “A Child in a Faraway Land” in 1994 geskryf het, die jaar toe Madiba as president ingesweer is. Sy het gereeld tyd saam met die staatsman deurgebring.
“Hy het my geleer wat ware deernis en vergifnis beteken,” sê sy. Amanda se gedagtes is in hierdie tyd veral by Suid-Afrikaners wat as gevolg van armoede nóg swaarder deur die pandemie getref word.
Die kunstenaars in die video sal saam met ander gesoute kunstenaars deel wees van ’n grootskaalse produksie wat in 2021 by die Suidoosterfees debuteer. Die video bied ’n voorsmaak aan van waarna uitgesien kan word in dié produksie wat deur die CTMA vervaardig word.
KYK DIE MUSIEKVIDEO HIER:
Die oorspronklike weergawe van “A Child in a Faraway Land” is in 2008 ingesluit op Strydom se album Kerse teen die donker. Die nuwe opname is in Stellenbosch by Sunset Recording Studios opgeneem onder leiding van die bekende baskitaarspeler en vervaardiger, Schalk Joubert, ook van CTMA.
Show's Stories
-
Mother's Day Craft market on Zeiss
What a lovely way to spend Mother's Day, out with the family on a market...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 1 day, 11 hours ago -
Elephants help themselves to oranges on broken down truck
Nature has a way of always providing for itself...
The Workzone with Alex Jay 1 day, 11 hours ago