KYK: Matthew John Duncan se musiekvideo vir 'Roep'
Updated | By Persverklaring
In Junie het die David Gresham Platemaatskappy ‘n landswye talentsoektog geloods opsoek na die beste opkomende kunstenaars in die land. Matthew is die eerste persoon wat ’n platekontrak vir “Sing For Us” los geslaan het.

Matthew het onlangs sy debuut enkelsnit ‘Roep’ onder die David Gresham Platemaatskappy vrygestel.
LEES OOK: KKNK bied unieke aanlyn musiekreeks aan met Emo, Karen, Elandré en kie
“Woorde kan nie beskryf hoe opgewonde ek is om by die David Gresham Platemaatskappy aan te sluit nie. Die feit dat een van die oudste platemaatskappye in die land, veldtogte soos "Sing For Us" gebruik om kunstenaars ’n geleentleid te gee, is baie innoverend. Ek is baie dankbaar vir die geleentheid,” het Matthew John Duncan gesê.
Die chaos wat die COVID-19 pandemie veroorsaak is geen geheim, maar nietemin het dié platemaatskappy ’n unieke geleentheid geskep met die ‘Sing For Us’-veldtog. Tydens hierdie soektog het Suid Afrikaners gewys dat hier geen tekortkominge is aan talent nie. Die David Gresham Platemaatksappy het menigde uitmuntende inskrywings ontvang en is dankbaar vir die moeite en vir die musiek.
Kyk Matthew John Duncan se musiekvideo vir 'Roep' hier:
Show's Stories
-
Mother's Day Craft market on Zeiss
What a lovely way to spend Mother's Day, out with the family on a market...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 1 day, 11 hours ago -
Elephants help themselves to oranges on broken down truck
Nature has a way of always providing for itself...
The Workzone with Alex Jay 1 day, 11 hours ago