MUSIEKVIDEO: Jan Blohm se beeldskone musiekvideo vir 'Ou Karoo'
Updated | By Persverklaring
Die bekroonde musiekdigter met sy rou emosionele stem en diep lirieke, Jan Blohm, het uit die staanspoor diep spore kom trap en het beslis geen bekendstelling nodig in die plaaslike musiekbedryf nie.

Sy splinternuwe enkelsnit wat pas vrygestel is, waarvan die sielvolle woorde en wysie aanhangers in net soveel vervoering sal hê as die pragtige landskap waaroor dit gaan, OU KAROO, is ’n volwasse kontemporêre snit uit sy eie pen.
Dit volg kort op die hakke van Jenny – die titelsnit van sy nuwe album wat op 17 Julie 2020 bekendgestel sal word.
LEES OOK: Craig Lucas drops new single ‘Happy’
https://www.jacarandafm.com/moremusicyoulove/craig-lucas-drops-new-single-happy/
Jenny, die enkelsnit wat al vir geruime tyd op verskeie radiotreffersparades pronk, se doel was om die album en sy hoofkarakters aan die luisteraar bekend te stel. OU KAROO skep die omgewing en lê klem op die landskap wat deur hierdie mense se are vloei en dit vir hulle moeilik maak om elders aan te pas. Dis ’n lied oor Jenny se eie hunkering om terug by die huis te wees.
Dit was ook die inspirasie vir die musiekvideo.“Omdat die hele album in die Karoo afspeel, was die doel van die musiekvideo om luisteraars aan die omgewing bekend te stel,” sê hy.
Die video is in een dag verfilm op De Doorns, Touwsrivier. Dit is die eerste plaas in die Karoo en mense besef nie regtig hoe mooi die landskappe, kranse en berge is nie. Die koppie waarop die video geskiet is, is vol ondersese fossiele wat die Fossil Koppie genoem word.
LEES OOK: Kurt Darren and Soweto Gospel Choir’s ‘Vulindlela’ cover
Die video is geskiet en vervaardig deur Lionel Smit Side Film Productions met kamera werk deur Ruan Kotze, terwyl die hommeltuig deur Nic van der Westhuizen hanteer is met ondersteuning deur assistant Andrew Milton en fotografie deur Coetzer Cooke.
Ek het baie moeite gedoen om oor die afgelope vyftien jaar liedjies en gedigte saam te sit om ’n storie te vertel. Dis soos ’n fliek van Jenny se lewe- Jan Blohm
Blohm beskryf Jenny as ’n konsep-album. Dit bestaan uit veertien snitte wat die storie vertel van twee tieners wat in die 1980’s in die klein konserwatiewe spoorwegdorpie, De Aar, woon. Dit is die eerste keer wat hy so ’n projek aanpak, maar volgens hom is dit iets wat al lank in sy kop broei en eendag die klankbaan van sy fliek met dieselfde naam gaan wees.
Alhoewel hy bekendheid verwerf het vir sy kenmerkende rock-blues klank, het Soul-musiek nog altyd ’n groot invloed op die musikant se styl gehad en hierdie element is duidelik in OU KAROO – asook die res van die album – teenwoordig.
In OU KAROO deel Jan Blohm die volgende hoofstuk in Jenny se verhaal en kry hy dit reg om luisteraars verlief te maak op die besonderse landskap... al was hulle dalk nog nooit daar nie.
Die enkelsnit is nou op alle digitale platforms beskikbaar: https://lnk.to/qWJR7gaL
Show's Stories
-
Mother's Day Craft market on Zeiss
What a lovely way to spend Mother's Day, out with the family on a market...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 1 day, 11 hours ago -
Elephants help themselves to oranges on broken down truck
Nature has a way of always providing for itself...
The Workzone with Alex Jay 1 day, 11 hours ago