Derick Hougaard wys vinger na Karlien se ma

Derick Hougaard wys vinger na Karlien se ma

Voormalige Springbok rugbyspeler, Derick Hougaard, het gisteraand die twitter oorlog teen sy voormalige skoonma voortgesit. 

Derick Hougaard
Twitter

Dit kom na 'n berig in Rapport die afgelope Sondag waarin Derick vra dat Karlien sy verloofring aan hom terugbesorg. 


Kort na die berig verskyn het, het 'n woordewisseling op twitter ontstaan nadat Bobby en Karlien van Jaarsveld se ma, Ronel Brink, getwiet het dat sy persoonlik die ring aan Derick sal terugbesorg as dit hom sal stilmaak. 


Die Jenna Clifford ontwerp wat na raming sowat 'n R100 000 werd is het vir die tweede keer sedert 2015 koerant voorblaaie gehaal, maar vir al die verkeerde redes.

Derick het gisteraand getwiet dat "alles" Ronel Brink se skuld is want "sy meng mos altyd in." Dit kom nadat Ronel omverskoning gevra het vir haar twiet Sondag.


Bobby het ook intussen ingeklim en Derick gewaarsku om sy ma en suster uit te los. "Dit STOP nou!" het Bobby getwiet.

Derick en Karlien is in 2013 getroud maar die huwelik het verlede jaar op die rotse geloop.


Intussen het aanhangers van beide kampe ook uitgevaar teen die openbare platform wat gebruik word om "vuil wasgoed" te was.


"Julle is eintlik regtig kommin," het 'n ander getwiet.

Show's Stories