Noem My Skollie binnekort vrygestel

Noem My Skollie binnekort vrygestel

Regisseur, Daryne Joshua maak sy debuut met die nuwe Afrikaanse film, Noem My Skollie, wat in September fliek-teaters tref. 

Noem My Skollie
Supplied

Volgens 'n verklaring speel die film af op die Kaapse Vlakte en in Pollsmoor-gevangenis en is gebaseer op die lewe van draaiboekskrywer John W. Fredericks. 

 

Noem My Skollie vertel die verhaal van vier tieners, AB (Austin Rose) en sy drie beste vriende Gimba (Ethan Patton), Gif (Joshua Vraagom) en Shorty (Valentino de Klerk) wat in die armmoedige bendewêreld van die Kaapse Vlakte grootword.  Afgesien van hulle omstandighede probeer die kinders die bendes vermy wat hulle daaglikse lewens infiltreer, maar wanneer AB deur ’n traumatiese ondervinding gaan, besluit hulle om ’n bende te stig om hulself te beskerm.   

Noem My Skollie
Supplied


 

Die vier vriende, wat nou soos broers is, pleeg nie ernstige misdade nie, maar ten spyte daarvan hou die polisie hulle dop deur hul tienerjare en totdat hulle ’n groep gewilde jong mans word. 


Uituindelik word die ouer AB (Dann-jacques Mouton) en Gimba (Gantane Kusch) gearresteer tydens ’n inbraak en word hulle tot twee jaar tronkstraf gevonnis.

Show's Stories