7de Laan maak geskiedenis met eerste gay soen
Updated | By MornéJK
Die Afrikaanse sepie 7de Laan, wat binnekort sy 4000ste episode en 17de jaar vier, het gisteraand geskiedenis gemaak deur vir die eerste keer 'n gay soen te wys.

Alhoewel die gay karakters 'n sub-storielyn is en nie een waarby 'n hoofkarakter betrokke is nie, is dit 'n stap in die regte rigting vir die Afrikaanse sepie.
Kykers het op twitter en Facebook hul mening oor die soen gedeel en meeste meen dit was hoogtyd, alhoewel daar ook diegene was wat nie beindruk was met die storielyn nie.
Die karakters, gespeel deur Arnu de Villiers en Simon Tuit, het hul liefde aan mekaar verklaar as 'n getroude gay egpaar.
Die sepie se 4000ste episode sal op Donderdag die 9de Maart uitgesaai word.
7de Laan het ook onlangs Suid-Afrikaanse R&B ster Keabetswe Moptsilanyane verwelkom in haar rol as Lesedie, 'n 36-jarige prokureur.
Show's Stories
-
WATCH: Motorist fills R20 petrol in his vehicle
Petrol attendants laugh over a man's sad attempt to 'fill' his tank.
The Workzone with Alex Jay 21 minutes ago -
Mzansi react to comedian's recreated Met Gala looks
We love to see how content creators can apply their creative visualisati...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 3 hours ago