Afrikaans Is Groot 2016 is hier!
Updated | By MorneJK
Kaartjies vir die immer-gewilde Afrikaans Is Groot Konserte het om 10:00 Woensdagoggend geopen.

Organiseerders het laat op Dinsdag op Facebook die nuus bevestig asook die sitplek-plan bekendgemaak.
Die volgende belangrike inligting is aan aanhangers deurgegee:
1. Die Afrikaans is Groot Facebook en Twitter bladsye kan ongelukkig nie navrae rakende aankoop van kaartjies, ens hanteer nie. Alle navrae moet per epos gerig word aan [email protected] of telefonies gerig word aan die Ticketpro Dienssentrum by 0861 008 277
2. EFT betalings se “Proof of Payment” moet binne een uur geskied anders verloor jy jou bespreking. Wees asb so gaaf om alle intruksies op die EFT blad sorgvuldig te volg. Indien jy die EFT opsie kies, sal jy ook n epos ontvang wat die EFT proses stap-vir-stap verduidelik.
3. Volledige vloeruitleg, met kaartjiepryse, verskyn hieronder.
4. Indien jy nie gelukkig is met die sisteem se sitplek toekenning nie, kliek op “View/Change” skakel. Onthou om dit te doen voor betaling, anders kan jy dit nie verander, na betaling, nie
5. Addisionele kaartjies kan by jou oorspronklike bespreking, binne dieselfde sessie, gevoeg word deur op die “Add More” knoppie te kliek.
6. Maak asb seker by jou bank dat jou kredietkaart “Verified by Visa” of Mastercard Secure Code” is, om sodoende n 3D Secure betaling te maak.
Die konserte vind vanjaar vanaf 11 tot 26 November by die Moreletta Park Ouditorium plaas.
Verlede jaar het kaartjies vir die 9 vertonings in etlike ure uitverkoop.
KOOP KAARTJIES HIER!

Show's Stories
-
Little boy faces rejection on another level
We thought love as an adult was challenging, but this little girl remind...
The Workzone with Alex Jay 7 hours ago -
Things to do in Gauteng: Life Fest coming to Benoni
The LIFE Fest is going to be in Benoni on 28 June and promises to the ul...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 7 hours ago