Appel: Ek het nie 'n demografie nie, my demografie is musiek

Appel: Ek het nie 'n demografie nie, my demografie is musiek

Appel is verheug dat sy musiek deur 'n wye verskeidenheid mense geniet word en het vertel van 'n konsert onlangs in Kimberley waar 'n derde van die gehoor bruin was; "Ek het nie 'n demografie nie. My demografie is musiek."

Appel
Verskaf/ kykNET

Die sanger en liedjieskrywer Christoph Kotzé, beter bekend as Appel, en Rian van Heerden se gesprek het wye draaie geloop in die laaste episode van die huidige seisoen van 'Laataand by Rian'. 

LEES: Vermaaklikheidster in hospitaal ná fratsongeluk

Die twee ken mekaar al byna twintig jaar. Appel was eens 'n student in Rian se klas toe hy 'n kursus oor radio en TV aangebied het. 

"Ek het baie meer by jou geleer oor menswees agter die skerms as oor die media self," het Appel gesê. "Jy was 'n goeie mentor, en ek het by jou geleer wat ek in daardie stadium van my lewe moes leer."

Appel het met groot lof van sy ma, Elize, gepraat. "Ek is geseënd met 'n ongelooflike ma-figuur." 

LEES: JP Dix sing bekende Dire Straits-liedjie op Friday Live

Hy het vertel toe sy swanger met hom was, het sy haarself op kitaar begelei en liedjies van Koos du Plessis en Laurika Rauch gesing. Wanneer sy aërobiese klasse by die gevangenes waar sy werksaam was, aangebied het, het sy graag Paul Simon se musiek gespeel. Dit alles glo Appel het 'n blywende invloed op hom gehad. 

Appel het reusetreffers vir ander kunstenaars geskryf soos 'Hande' vir Karlien van Jaarsveld, 'Skepe' vir Jo Black en 'Wals, wals, Willemien' vir Laurika Rauch. 

Dit was Theuns Jordaan se weergawe van Appel se liedjie 'Sal jy bly' wat die bal aan die rol gesit het. 

Theuns was een aand by Presley's, 'n gewilde kuierplek in Pretoria, maar Appel kon nie ingaan nie, want hy het 'n kortbroek aangehad. 'n Vriend van hom het egter vir Theuns gaan roep, en Appel het "Sal jy bly" vir hom in sy kar gaan speel. Theuns het dit later opgeneem, en dit was 'n enorme treffer. "Ek sal hom ewig dankbaar wees vir dit," sê Appel. 

LEES: Rugby-ster en TikTok-persoonlikheid verloof

Die musiekvervaardiger Johan Vorster het Appel aangeraai om sy eie sangloopbaan te begin. "Hulle wou van my 'n crooner maak, maar ek het gesê: Ouens, gee my net 'n kans om myself te wees," sê Appel. Sy eerste groot treffer was 'Boer loop deur my are', en sedertdien het hy nog nie teruggekyk nie. 

Een van die hoogtepunte in sy loopbaan was sy samewerking met die Australiese sanger James Johnston op die liedjie 'Country Is for Me', wat al meer as vier miljoen keer op YouTube gekyk is. Appel is verheug dat sy musiek deur 'n wye verskeidenheid mense geniet word en het vertel van 'n konsert onlangs in Kimberley waar 'n derde van die gehoor bruin was. 

"Ek het nie 'n demografie nie. My demografie is musiek," sê hy en vertel dat kunstenaars soos Johnny Clegg en Paul Simon nog altyd vir hom ’n inspirasie was. 

Die tweede gas was Katlego Moagi wat op sosiale media as Citizen Concerned haar stem laat hoor oor die toestand in die land. Volgens haar moet Suid-Afrikaners nie terugsit nie, maar meer begin betrokke raak. 

LEES: Ruan Smith ruil sy rugbystewels in vir soektog na liefde

Vir Appel is daar net een plek, en dit is Suid-Afrika. Hy sê dit is soos om vir ’n boer ná ’n jaar van droogte te vra hoe hy oor sy plaas voel. Die boer sal hartseer wees oor die toestand van die plaas, maar hy sal steeds lief wees vir die plaas. 

"Saam kan ons die probleme oplos," sê sy. Vir haar is daar twee belangrike elemente: die opvoeding van almal – oud en jonk – wat stemgeregtig is, en die terugkeer na familiewaardes. "As die familie reg is, sal die gemeenskap reg wees, en as die gemeenskap reg is, sal die land regkom," sê sy. 

Appel se woorde aan Katlego was: "Dit was so lekker om jou opinie oor die land te hoor. En kyk, dis nie net 'n opinie nie, jy begin 'n beweging. En as jy ooit wil praat, ek sal altyd daar wees."

Rian van Heerden het die seisoen afgesluit met 'n eerlike en inspirerende gesprek wat aanhangers lank sal bybly.

Luister na Jacaranda FM: 

Volg ons op sosiale media: 

Meer Op Jacaranda FM


Show's Stories