Bobby en Karlien van Jaarveld se "realiteit"
Updated | By MornéJK
Bobby en Karien van Jaarsveld se nuwe realiteitsreeks sal vroeg in Januarie 2017 op VIA tv begin wys.

Bobby het gister in sy maandelikse nuusbrief die nuus bekend gemaak da hy en sy suster, Karlien die afgelope maande gewerk het aan 'n realiteitsreeks, maar het uitgewys dat dit glad nie soos Keeping Up With The Kardashians is nie.
Die reeks volg die twee sterre waar hulle stap in die skoene van doodgewone Suid-Afrikaners wat buitengewone dinge doen.
Karlien het vanjaar saam met Madiba se voormalige assistent, Zelda la Grange en haar Bikers For Mandela op die jaarlikse liefdadigheids rit gegaan juis vir die reeks.
In die lusmaker trek Bobby skoolklere aan en bring hy tyd saam met leerders deur, terwyl die twee die land plat reis.
"Julle gaan lekker lag maar julle harte gaan ook aangeraak word en daar gaan verseker 'n paar trane wees," het Bobby gesê.
Kyk gerus die lusmaker hier:
Show's Stories
-
WATCH: Ear fillers are the latest must-have beauty trend
Have cosmetic procedures gone too far?
The Drive with Rob & Roz an hour ago -
WATCH: Cape Town Kwikspar throws party with DJ and dancing
New bucket list item: party in a grocery store.
The Drive with Rob & Roz 2 hours ago