Bobby en Karlien wys weerens hoe groot hulle harte is
Updated | By MornéJK
Bobby en Karlien van Jaarsveld het vanoggend op Jacaranda FM se Complimentary Breakfast bekend gemaak dat hulle meer as R800 000 ingesamel het vir die El-Shammah Home For Abandoned Babies in Primrose, Johannesburg.

Dit kom nadat die broer-en-suster-sangpaar twee weke gelede op hul realiteitsprogram, In Jou Skoene, die El-Shammah babahuis besoek en self geld ingesamel het om die huis te koop.
Dit nadat dit aan lig gekom het dat die eienaars van die huis, waar die babas versorg word, die huis noodgedwonge moes verkoop.
Die El-Shammah Home For Abandoned Babies is sedert 2009 'n plek van veiligheid vir babas wie se ouers hulle nie kan grootmaak nie. Die tuiste versorg minstens 18 babas.
El-Shammah se Allstair en Merencia Scholtz het tot en met vanoggend 'n huis gehuur om hul werk met babas voort te sit, maar Bobby en Karlien - met die hulp van Jacarnada FM luisteraars - het besluit om die huis waar hulle tans huur, te koop.
"Hi Merencia, ons bel net om jou te laat weet dat ons meer as R800 000 ingesamel het en dat ons die huis vir julle gaan koop," het Karlien op Jacaranda FM gesê.
Show's Stories
-
'Beauty and the Bester': South Africa's most shocking love & crime story
The biggest crime story about rapist and murderer, Thabo Bester, and the...
Breakfast with Martin Bester 8 minutes ago -
Drie legendes word vanjaar by die Silwerskermtoekennings vereer
Die Silwerskermfees lig vanjaar die hoed vir drie groot geeste: iemand w...
The Drive with Rob & Roz 2 days, 15 hours ago