Deon Meiring stel nuwe musiek video bekend
Updated | By MornéJK
Sanger, liedjieskrywer en hoofsanger van die groep Glaskas, Deon Meiring, is terug met 'n splinternuwe enkelsnit "Ek Behoort Aan Die See."

Die musiekvideo vir sy nuwe liedjie is ook onlangs bekend gestel en mens ken nie help as om nostalgies te raak oor die see nie.
Deon Meiring is al sedert 2006 aktief in die Suid-Afrikaanse musiekbedryf as die rock band Glaskas se hoofsanger, kitaarspeler en liedjieskrywer. In 2009 het hy Dans Dans Lisa saam met Bouwer Bosch gestig.
In 2013 het hy sy eerste solo-projek "Die Slaapkamer Sessies" aangepak waar hy vir 10 weke lank elke week 'n liedjie geskryf en opgeneem het in 'n nuwe slaapkamer.
Die tweede enkelsnit van die EP af, "Vingerafdrukke", is gebruik in die 2015 film "Strikdas" se klankbaan.
Kyk sy nuwe musiekvideo hier:
Show's Stories
-
LISTEN: SA artist shares new song about the struggles rugby referees face
The hilarious South African artist, Keith Juluka, recently visited Break...
Breakfast with Martin Bester an hour ago -
VOTE: Which K-pop group is more popular?
We don't want to start any drama, but it's time for these loyal fandoms ...
Breakfast with Martin Bester an hour ago