"Dit was ongelooflik" - Marciel Hopkins van 'Boer Soek 'n Vrou' ontmoet model Cindy Crawford
Updated | By Dean Paulse
'Boer Soek 'n Vrou' se Marciel Hopkins gesels oor die oomblik toe sy die legendariese model Cindy Crawford ontmoet het.

"Ek het net kameras gesien en toe ek my kop draai toe maak ek skielik oogkontant met Cindy Crawford," verklap Marciel Hopkins.
Model en splinternuwe aanbieder van 'Boer Soek 'n Vrou' Marciel Hopkins het onlangs 'n foto op haar Instagram-blad gedeel van haar en die legendariese model Cindy Crawford.
Hopkins het met Jacaranda FM gesels oor die onvergeetlike oomblik.
LEES: KYK: Ons leer ken die nuwe aanbieder van 'Boer Soek 'n Vrou' Marciel Hopkins
"Ek het koffie gaan drink met 'n Suid-Afrikaanse meisie by Baccarat-Hotel in Manhattan.
"Ons het 'n rukkie gesit, toe het ek net kameras gesien, en toe ewe skielik stap Cindy Crawford in - en ons maak toe skielik oogkontak," verklap Hopkins.
View this post on InstagramA post shared by Marciel Hopkins (@marcielhopkins) on
Volgens Hopkins, het Crawford met 'n vriendin middagete geeët.
"Sy het so 'n meter van my gesit, en ek het vinnig opgestaan en myself voorgestel."
Marciel Hopkins het toe vir 'n foto gevra en aan Crawford genoem dat sy 'n ongelooflike inspirasie vir haar is. "En toe is sy weg, binne sekondes. Dit was incredible."
Nog bekendes wat Hopkins sal graag wil ontmoet
"Ek is 'n all-time Meghan Markle-fan. Ek sal love om haar wil ontmoet."
Hopkins sal graag ook die Suid-Afrikaanse aktrise Charlize Theron wil ontmoet.
Show's Stories
-
The healthiest habit to start before 09:00
According to dietitians, this is the healthiest habit to adopt before 09...
Breakfast with Martin Bester an hour ago -
WATCH: Man steals Ford Ranger tyre in broad daylight
Video footage of a man stealing the spare tyre off a bakkie has gone vir...
Breakfast with Martin Bester 2 hours ago