Is dié 'Boer Soek 'n Vrou' se nuwe aanbieder?

Is dié 'Boer Soek 'n Vrou' se nuwe aanbieder?

Op Vrydag, het Leah aangekondig dat sy die program na twee seisoene verlaat. 

Elma Smit, Willem Botha, Karlien van Jaarsveld
Elma Smit, Willem Botha en Karlien van Jaarsveld / Instagram.

Donderdagaand was die laaste episode van 'Boer Soek 'n Vrou' uitgesaai - en die gewilde Afrikaanse sangeres Leah het ook aangekondig dat sy die liefdesprogram met 'n 'swaar hart' verlaat. 

LEES OOK: 'Ek soek net liefde - ek soek net 'n normale ou' - 'Boer Soek 'n Vrou' se boer Damian

Leah het 'n foto op Instagram gedeel van die groep broere met hul nuwe liefdes met die volgende byskrif: "Met ‘n BAIE swaar hart het ek vir oulaas vanaand op Boer Soek ‘n Vrou verskyn. Wat ‘n avontuur! Seisoen 12 was vir my ekstra spesiaal en ek is so trots op die reeks en wat ons vermag het. Ek kannie genoeg dankie sê vir die ongelooflike ervaring en die ondersteuning wat ek van julle almal ontvang het nie. Dit was ‘n journey wat my vir altyd en ewig sal bybly!"

Leah het ook verder genoem dat sy baie geleer en gegroei het en lewenslange vriende tydens die produksieproses gemaak het.

 "Dit het sy uitdagings gehad, maar dit was regtig ‘n onbeskryflike tyd in my lewe," voeg sy by. 

View this post on Instagram

Met ‘n BAIE swaar hart het ek vir oulaas vanaand op Boer Soek ‘n Vrou verskyn. Wat ‘n avontuur! Seisoen 12 was vir my ekstra spesiaal en ek is so trots op die reeks en wat ons vermag het. Ek kannie genoeg dankie sê vir die ongelooflike ervaring en die ondersteuning wat ek van julle almal ontvang het nie. Dit was ‘n journey wat my vir altyd en ewig sal bybly! Ek het baie geleer en gegroei en lewenslange vriende gemaak. Dit het sy uitdagings gehad, maar dit was regtig ‘n onbeskryflike tyd in my lewe. Shoe... Dankie KykNet en Marche Media dat julle my as jul nuwe aanbieder vertrou het, mag die pad vorentoe net nog mooier en mooier wees! Boere, VREKKIT EK LOVE JULLE! Julle het my maak lag, huil, dink, dans en en en en, duisende miljoene dankies!

A post shared by L E A H (@leahmusieksa) on

Wie is volgende?

Maar die groot vraag is nou - wie is die volgende aanbieder van 'Boer Soek 'n Vrou?'

Jacaranda FM se digitale-span glo díe persoonlikhede sal perfek wees vir die nuwe seisoen.

KARLIEN VAN JAARSVELD

ELMA SMIT

WILLEM BOTHA

ELANA AFRIKA-BREDENKAMP

SEAN VAN NOORDWYK

THERESE BAM 

Show's Stories