Elizma Theron is terug met nuwe enkelsnit
Updated | By MornéJK
Afrikaanse sangeres, Elizma Theron is terug met 'n splinternuwe country liedjie, Ons Dans As Almal Sit En Kyk van haar nuwe album “Boeregirl met ‘n countryhart”.

Hierdie album bied drie en twintig country-gunstelinge oor die verstek van meer as vier dekades, met treffers van Dolly Parton, Brooks & Dunn, Alan Jackson, Lynn Anderson, Pussycat, Joanna Field en vele meer.
Gunsteling internasionale treffers soos “Boot scootin’ boogie”, “Nine to five”, “Little bitty”, “I never promised you a rose garden” en “I will always love you”, asook lekker Afrikaanse gunstelinge vanuit eie bodem, soos “Ons dans as almal sit en kyk” en “Huise van glas”, sorg vir vyf en sewentig minute se eersteklas vermaak.
“Boeregirl met ‘n countryhart” is ‘n vuur wat knetter met die vonk van al die bestes van country, en of jy nou in die bui is vir ‘n two-step, lyndans, sokkie of net lekker agteroorsit en luister, is daar iets vir élke countrykeur en –geur!
LEES OOK: Elizma Theron praat oor baba-seuntjie & toekomsplanne
Die album is nou landswyd beskikbaar.
Show's Stories
-
Robot violently attacks factory workers
Our worst fears are coming true right in front of our eyes…
Breakfast with Martin Bester 11 minutes ago -
LOOK: Man celebrates one million kilometres on Hilux bakkie
This is what happens when you take care of your belongings…
Breakfast with Martin Bester an hour ago