FLIEKS: Uitvlucht binnekort bekendgestel
Updated | By MornéJK
Uitvlucht is die storie van n behoudende middelklas vrou wat na 'n misstap alles wat saak maak in haar lewe, verloor en in haar gebrokenheid kry sy werk op n plaaskooltjie met die naam Uitvlucht.

In die proses van herontdekking van haarself en van liefde, vind Anna die uitvlug waarna sy so smag en bring sy uitvlug na, eerstens, die gemarginaliseerde skooltjie wat desperaat veg om voort te bestaan en tweedens na die gemeenskappe in daardie gebied wat as slagoffers van armoede en uitbuiting, verval het in haglike lewens omstandighede.
Anna vind herself uit verhouding met die Here, haar kinders en meeste van haar vriendekring en in haar stryd om los te breek van haar donker verlede, sweer sy 'n eed dat sy 'n nuwe begin gaan maak.
Weg van die skinner, kritiek en beskuldigings, is die afgelee skooltjie, Anna se uitvlug.
- Persverklaring
Show's Stories
-
WATCH: First corgi police dog steals sausage from child
China has welcomed a very special, but somewhat naughty, member into its...
The Drive with Rob & Roz 47 minutes ago -
WATCH: Brother reveals how new Pope kept busy during voting
Robert Francis Prevost became Pope Leo XIV on Thursday, becoming the fir...
The Drive with Rob & Roz an hour ago