Ikoon Soli Philander praat oor daardie bekende TV-gesegde
Updated | By Jacaranda FM
Kan jy Soli Philander se bekende gesegde, "so maak mens", onthou? Hy verklap oor hoe dit ontstaan het...

In die vroeë 2000's was die gewilde musiekspeletjies-program 'Liriekeraai' met Soli Philander as aanbieder bekendgestel op Suid-Afrikaanse televisie.
LEES: Hier is die aanbieder van 'The Mommy Club'-reünie
Philander het binne 'n oogwink 'n huishoudelike naam geword - en sy oneidige entoesiastiese menswees het verseker dat hy een van die plaaslike TV-landskap se gunsteling-persoonlikhede sou word.
Philander en 'Liriekeraai' se twee spanleiers Pedro Kruger en Celeste Williams het met die musiekspeletjies-program duisende kykers vir jare vermaak.
Philander se ikoniese woorde "so maak mens" word tot vandag toe gebruik deur Suid-Afrikaners.
Na jare, is Philander steeds 'n huishoudige naam en word as ikoon van TV, teater, en radio gesien, maar baie wonder steeds waar sy bekende TV-gesegde vandaan kom.
LEES: Hierdie man en pa verkies rompe en hakke
Philander het onlangs op 'Laataand Met Rian' oor die legendariese gesegde gesels en meer.
"Ek moes alles vir my ouma doen."
Volgens Philander, het sy eendag van die slaghuis af gekom en gesê dat hulle haar verkere kleingeld gegee het.
"Ek het saam haar na die slaghuis gestap en sy het gesê ek moet Engels praat.
"Sy stoot my toe en ek sê vir hom, my grandmother said you gave her the wrong change."
Na 'n woordewisseling-oomblik het die slagter toe die korrekte kleingeld gegee.
Hulle het toe huis toe gestap en sy ouma sê toe, "so maak mens".
Kyk hier:
Philander het ook oor sy seksualiteit gesels.
Na sy egskeiding met sy eksvrou, Toni, het Philander besef dat hy 'anders' is. Hy het op 'n reis gegaan om sy seksuele identiteit te ontdek.
LEES: 'Ek is nie 'n man of vrou nie' - Legendariese Soli Philander
In 'n eksklusiewe onderhoud met Huisgenoot in 2017, het Philander erken dat hy niebinêr is. Hy het openlik erken dat hy nou verstaan hoekom hy altyd anders was en dit is "oukei".
In 2019, het Philander aan Jacaranda FM genoem dat hy "'n persoon is en nie 'n man of vrou nie."
"Ek is verskriklik gelukkig," het hy bygevoeg.
Nou, in 2025, het Philander weereens beklemtoon dat hy nie 'n man of vrou is nie, maar net Solly.
Luister na Jacaranda FM:
- 94.2
- Jacaranda FM App
- http://jacarandafm.com
- DStv 858/ OpenView 602
Volg ons op sosiale media:
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
American car brands coming back to SA
South Africa might soon be welcoming back a few American favourites in t...
The Drive with Rob & Roz 4 hours ago -
Three SA restaurants make World's 2025 Best list
Three South African restaurants have been named among the 2025 World's B...
The Drive with Rob & Roz 4 hours ago