Jak de Priester sing temalied vir nuwe fliek
Updated | By MornéJK
Bekende Afrikaanse sanger, skrywer en TV-persoonlikheid, Jak de Priester, gaan die temalied vir die nuwe Koos Roets film, Hoener Met Die Rooi Skoene, skryf en sing.

Jak se loopbaan het in 2003 begin nadat hy die ATKV Crescendo-kompetisie gewen het en dit het hom die geleentheid gegee om sy eerste album getiteld, Sally Williams Nougat, op te neem.
13 Jaar, 8 albums, 1 digbundel, 'n koffietafel-woordkunsboek en verskeie verhoogproduksies later, is Jak se loopbaan steeds besig om te groei.
"Ons is ongelooflike opgewonde om Jak de Priester aan boord te hê", sê Alishia van Deventer van Starburst Promosies. "Toe die vervaardigers vir my gevra het om iemand te vind wat die temalied vir die fliek kan skryf en sing, het ek dadelik aan Jak gedink! Sy talent en skryfvermoë is ongelooflik en hy het binne 'n paar dae die basis van die liedjie vir my gestuur. Ek het dadelik geweet dit is die regte besluit en Jak was aan boord!"
Show's Stories
-
WATCH: Ear fillers are the latest must-have beauty trend
Have cosmetic procedures gone too far?
The Drive with Rob & Roz 6 hours ago -
WATCH: Cape Town Kwikspar throws party with DJ and dancing
New bucket list item: party in a grocery store.
The Drive with Rob & Roz 6 hours ago