Jay en Lianie May werk weer saam
Updated | By MornéJK
Afrikaanse sangers, Jay en Lianie May doen dit weer, dié keer Vir Liefde.

Hulle is seker een van Suid-Afrika se gewildste duetpaartjie en nou het Jay du Plessis en Lianie May‘n splinternuwe album uitgereik.
Alhoewel beide ook suksesvolle solo-loopbane het, het hul vorige cd “Bonnie en Clyde” dubbel platinum-status behaal.
Dit dui beslis daarop dat aanhangers mal is oor die twee se stemme saam.
Nadat die twee kunstenaars se treffer “Naweeklyfie” in 2015 die Ghoema Toekenning vir Beste Liedjie opgeraap het, het hulle besluit om ‘n opvolgalbum uit te bring.
Johan Vorster en Ewald Coleske het as hoofskrywers ingetree terwyl Christoph Kotze, Johan Oberholzer en Rudi Claase ook by die projek betrokke was.
Die kenmerkende Jay en Lianie klank sal steeds daar wees, maar soos dit enige goeie musikant betaam, word horisonne ook verbreed en mag daar selfs een of twee aangename verrassings wees.
Show's Stories
-
WATCH: Man sets jaw-dropping record for farthest eye pop!
This is not your average party trick.
The Drive with Rob & Roz an hour ago -
South African Weather Service debunks hoax social media post
The SAWS has cleared the air about a viral message doing the rounds.
The Drive with Rob & Roz an hour ago