Jonathan van Radio Raps steeds in waakeenheid
Updated | By MornéJK
Rikus de Beer, beter bekend as Jonathan van Radio Raps, is steeds in die waakeenheid in 'n hospitaal in Pretoria.

Volgens sy bestuurder Zinta Kymdell wissel sy toestand die heeltyd.
"Hy het infeksie in sy galblaas gekry wat nou versprei het en hy is tans op antibiotika, waterpille en morfien," het sy aan MornéJK bevestig.
Rikus is verlede week in die hospitaal opgeneem en sou twee operasies ondergaan, maar na die eerste operasie het sy gesondheid drasties verswak weens ‘n infeksie.
"Rikus is steeds in intensief. Dokters wou vandag (Maandag) opereer om die galblaas te verwyder, maar ons het sopas verneem dat die infeksietelling te hoog is," sê Kymdell.
Verlede week was sy mediese span tevrede met sy vordering, na hy vroeër opgeneem is vir galstene wat later na sy lewer en pankreas versprei het.
Kymdell sê hulle hoop en bid dat Rikus vinnig sal herstel.
Show's Stories
-
Get your Premier League predictions and join our FPL
Football season is upon us so get your predictions in and join our FPL.
The Drive with Rob & Roz 2 days, 6 hours ago -
Week In Review: The Round-up with Rob & Roz
Birthday week, Accidental thefts, Fantasy Premier League, SA's most fast...
The Drive with Rob & Roz 2 days, 7 hours ago