Leah stel nuwe "Wonderwerk" album bekend
Updated | By MornéJK
Vanjaar is beslis ‘n warrelwind vir Leah en nie net moes sy plek maak vir ‘n Ghoema en drie Tempo-toekennings in haar huis nie, maar sy moet ook bontstaan om ‘n besige toerskedule na te kom.

Nie dat sy omgee nie – dis haar manier om bewonderaars te bedank vir hul ondersteuning en wat net as ‘n ongelooflike begin van haar sangloopbaan bestempel kan word.
So, na Beste Nuweling, Beste Liedjie en Beste Musiekvideo, kom nog ‘n “Beste,” naamlik BESTE NUUS: LEAH se debuutalbum “Wonderwerk” word binnekort heruitgereik met vier bonussnitte.
Bo-en-behalwe die treffers wat reeds op radio gehoor kon word en wat aan Leah al die toekennings besorg het, sal die Deluxe album treffers soos “Volmaan” en ‘n nuwe weergawe van “Meer as niks” bevat.
En met ‘n nuwe weergawe van “Met jou klere aan,” beantwoord LEAH ook daardie tergende vraag wat bewonderaars nou al ‘n rukkie aan die raai het: “Wat is die lekkerste ding om te doen met jou klere aan?” Vir die antwoord, sal jy maar die Wonderwerk Deluxe album moet aanskaf.
- Persverklaring
Show's Stories
-
A parent or child's farewell: The funeral
How do we prepare for the unthinkable—the passing of a child?
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 6 minutes ago -
Weather warning in China: People under 50kg to stay indoors
Despite what many might think, this was a legitimate weather warning...
The Workzone with Alex Jay 57 minutes ago