Loki Rothman se nuwe musiekvideo
Updated | By MornéJK
Die veelsydige kitaarmeester Loki Rothman het die musiekvideo vir sy treffer Ons Op Ons Eie vrygestel.

Die liedjie is een van die temaliedjies vir die nuwe Afrikaanse tiener-fliek, Jou Romeo, en Rothman is ook verantwoordelik vir die klankbaan van die fliek.
Hy het reeds die meeste genres op die kitaar bemeester, het 'n meesleurende stem, verf asemrowende landskappe met sy oorspronklike lirieke en is ook 'n uiters suksesvolle musiekvervaardiger.
Gedurende Oktober 2016 is die treffer tot groot sukses aan radiostasies regoor die land uitgereik.
LEES OOK: Ruan Wessels: "Ek is geen hartebreker nie"
Nou volg hierdie veelsydige kitaarmeester met die bekendstelling van die musiekvideo vir hierdie liedjie wat pas uitgerik is.
Jou Romeo is 'n fliek wat handel oor die gewildste ou in Hoërskool Monument wat aanklank vind by die skool se drama klub.
Diaan Lawrence, Dirk Stoltz, Row-Lean, Sarahann Doherty en Carmin Coetzer is ook in Jou Romeo te sien.
Show's Stories
-
Altus Theart sing The Weeknd se 'Blinding Lights'
Akteur en musikant Altus Theart het sy weergawe van The Weeknd se 'Blind...
Breakfast with Martin Bester an hour ago -
WATCH: Man tries to mount a cow and instantly gets punished
This is what happens when you mess with mother nature...
The Workzone with Alex Jay 2 hours ago