Lokprent: Eintlik Nogal Baie
Updated | By MornéJK
Die lokprent vir die nuwe Afrikaanse fliek, Eintlik Nogal Baie is die week bekend gestel.

Eintlik Nogal Baie is gebaseer op die draaiboek, naamlik Ally, geskep deur Jarrod de Jong.
“Met 'n intieme rolverdeling van gesoute akteurs en 'n storie wat gelaai is met 'n goeie balans van romanse, komedie, aksie, spanning en tragedie, bring Eintlik Nogal Baie 'n dwingende sjarme wat toewyding in ander inspireer,” sê de Jong.
“Die storie handel oor Jay van Niekerk (André Lötter), ‘n aantreklike, maar teruggetrokke strokiesboek-animeerder wat se lewe baie deeglik onder beheer het. Hy kom egter voor ‘n kruispad te staan en wanneer hy vir Ally (Marisa Drummond) ontmoet met haar oorbeskermde pa en haar eks-kêrel, word sy lewe vir altyd verander op die mees dramatiese wyse," voeg de Jong by.
LEES OOK: Lokprent: Twee Grade van Moord
Die rolverdeling sluit baie bekende en gewilde name soos André Lötter, Marisa Drummond, Zak Hendrikz, Ashmund Martin, Elsabé Daneel, Anton Dekker, Susanne Beyers, Themsi Times en Hein de Vries en ander in.
- Press Release
Show's Stories
-
Dad tries to have honest conversation with his 2-year-old
"I just wanted to have a conversation with you today...This morning you ...
The Workzone with Alex Jay 1 day, 6 hours ago -
Winter playground returns to Melrose Arch
Take the kids out this weekend, visit the Melrose Arch Winter playground...
The Workzone with Elana Afrika-Bredenkamp 1 day, 6 hours ago