Philip Moolman in nuwe rol as reeksmoordenaar
Updated | By MornéJK
Afrikaanse akteur en sanger, Philip Moolman, beter bekend vir sy rolle in die 90's reeks Sonkring asook Egoli is terug op die grootskerm as 'n reeksmoordenaar.

Moolman het laat glip dat hy, Tobie Cronje, Casper de Vries en Sandra Prinsloo verlede jaar "Snaaks Genoeg" in die Karoo verfilm het.
"Alhoewel my karakter 'n reeksmoordenaar is, is dit 'n komedie," het hy aan MornéJK gesê.
Hy wou egter nie veel meer rep oor die film nie, maar het bevestig dat dit later vanjaar op die grootskerm sal begin draai.
Philip Moolman se loopbaan het afgeskop met die wen van `n landswye sang-en liedjieskryfkompetisie in 1989 - die televisieprogram "GRAFITTI" se "Ster 90" kompetisie.
Daarna het verskeie T.V.-produksies gevolg, soos Die Sonkring, EGOLI, Wenners, Die Netwerk, Torings, Die Fourth Reich, Rhythm City, Binnelanders, High Rollers, Sterlopers ens... asook musikale verhoogproduksies, soos: Ester, Liefling en Ons Vir Jou.
Show's Stories
-
FINAL: The World Cup of Toys: LEGO vs PlayStation
It's time to find out South Africa's favourite toy!
The Drive with Rob & Roz 37 minutes ago -
Ten ways small talk can help you build new relationships
Small talk often gets a bad rap because it feels shallow or awkward.
The Drive with Rob & Roz an hour ago