Redakteur amper 'n miljoenêr
Updated | By Jacaranda FM
Susan Booyens het besluit om die R500 000 te vat al was haar R1-miljoen-antwoord reg.

Dit was so hittete, of Susan het met daardie miljoen weggeloop. As dit net nie vir Suid-Afrika se voormalige eerste minister, Jan Smuts, was nie...
Haar vinnige vingers het haar in die warm stoel voor die aanbieder Rian van Heerden laat beland toe sy die enigste deelnemer was wat ikoniese Suid-Afrikaanse boeke in die korrekte orde van publikasiedatums kon rangskik.
In haar bekende rustige stem het sy telkemale sonder huiwering vir Rian haar antwoorde ferm bevestig met "en dit is my finale antwoord".
Die baie flink dinker huiwer nie om enige uitdaging te takel nie. Kykers sal haar onthou as 'n televisie-aanbieder, maar sy is ook 'n senior subredakteur by 'n mediareus en 'n multimedia-joernalis.
Is jy spyt jy het nie maar die waagkans met jou antwoord vir die Jan Smuts-vraag gevat nie?
"Oe, dis maklik om ná die tyd te bespiegel, maar nee wat, glad nie. My glas is altyd vol pleks van half of leeg, ek is diep dankbaar vir die stewige meevaller wat ek wel gekry het. Net om te gaan deelneem was waagmoedig genoeg, en om verby die “Vinnige vingers”-ronde te vorder!"
Meer Op Jacaranda FM
Show's Stories
-
WATCH: Kim Kardashian narrowly avoids fashion mishap at Met
You do not want to mess with Kim Kardashian's outfit!
The Drive with Rob & Roz 52 minutes ago -
WATCH: First corgi police dog steals sausage from child
China has welcomed a very special, but somewhat naughty, member into its...
The Drive with Rob & Roz 2 hours ago