Refentse Morake se album gaan goud
Updated | By MornéJK
Refentse Morake se debuut album, My Hart bly In ‘n Taal het goue status bereik wat betekend dat meer as 20 000 albums reeds verkoop is.

Die jong, entoesiastiese kunstenaar, is passievol oor musiek en raak die hartsnare met sy weergawe van die liedjie, Sonvanger
Refentse het vinnig in die harte ingekruip van Suid-Afrikaanse en Afrikaanse musiekliefhebbers met sy weergawes van ou gunstelinge.
Hy en Dozi het ook onlangs Ou Ryperd saam op Jacaranda FM se Complimentary Breakfast gesing.
ALSO READ: Exclusive! Dozi and Refentse sing 'Ou Ryperd'
Op sy debuut album neem Refentse jou vêr terug met ‘n opgeknapte weergawe van Die Spook van Uniondale, Blommetjie gedenk an my en meer.
Natuurlik sing Refentse diep, roerend en pragtig oor die liefde - die verlore liefde... die heimwee van herinnering, iets wat ons almal al te goed ken.
Wat ‘n mens die diepste raak is hoe Refentse, bande smee en brûe bou – iets wat in ons land bitter nodig is, en hy doen dit met oortuiging en passie wat direk uit sy hart kom.
Hy bring hulde aan ikone in Afrikaanse musiek soos, David Kramer, Koos Kombuis, Laurika Rauch en selfs die onvergeetlike Johannes Kerkorrel.
Show's Stories
-
LOOK: SA gaming studio releases new "Tomb Raider"-style game
What do you get when you combine adventure, elaborate heists and Robin H...
The Drive with Rob & Roz 7 minutes ago -
WATCH: SA reacts to US woman finding "ugly" city
Do you agree with what she found?
The Drive with Rob & Roz 27 minutes ago