Snotkop se nuwe album binnekort op die rakke
Updated | By MornéJK
Snotkop is bekend vir sy besonderse kletsrymvaardighede, energiebelaaide ritmes en tong-in-die-kies, skerpsinnige lirieke en sy nuutste album, “HKGK”, verpersoonlik dié musikale karaktertrekke.

Dit is ‘n album met hope skop!
‘n Mens hoef bloot na die CD-omslag en – titel te kyk om te weet dat hierdie album gebou is vir ‘n GROOT kuier waar om rustig en soet te wees héél laaste op die prioriteitelys is.
Die techno-popgeur van die album word versterk deur polsende, aansteeklike baslyne wat tonne oemf tot elkeen van die 13 snitte toevoeg.
Met hoë-oktaan snitte soos “Cool soos Koos Kombuis”, “Hoe lykit”, “Woestersous”, “Raak vir my rustig”, “Meisie Ferguson”, “Kom ek soen dit beter” en “Dans en stop” is een ding baie seker: as hierdie album jou nie aan’t dans en partytjie kry nie is jy eenvoudig besig om te oud te word vir ‘n behoorlike kuier!
Die album is vanaf 24 Junie beskikbaar op iTunes en jou naaste musiek winkel.

Show's Stories
-
WATCH: Why women smell better than men
We're here to help you make 'scents' of this very interesting study!
The Drive with Rob & Roz 10 hours ago -
Find out which official 'Superman' character playlist you are!
The most recent 'Superman' release has been making waves, and people hav...
The Drive with Rob & Roz 11 hours ago